Mu­ga­be skenk $1 mil­joen aan AU

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reuters

P­res. Ro­bert Mu­ga­be (93) van Zim­bab­we het eer­gis­ter ’n sken­king van $1 mil­joen aan die A­fri­ka-U­nie (AU) aan­ge­kon­dig.

Mu­ga­be sê hy hoop dit sal an­der A­fri­ka­lan­de aan­moe­dig om AU-pro­gram­me te fi­nan­sier en min­der staat te maak op bui­te­land­se sken­kings.

So­wat 60% van die AU se be­gro­ting word ge­fi­nan­sier deur sken­kers wat die Eu­ro­pe­se U­nie, die Wê­reld­bank en re­ge­rings van ryk nie-A­fri­ka­lan­de in­sluit.

Mu­ga­be sê dat af­hank­lik­heid van bui­te­land­se sken­kings ver­oor­saak dat groot moond­he­de in die AU se werk in­meng.

Mu­ga­be het op ’n kon­fe­ren­sie van die AU in Ad­dis A­be­ba, E­thi­o­pië, ge­praat waar hy ge­sê het dat hy 300 bees­te van sy per­soon­li­ke kud­de in Mei op­ge­veil het om sy be­lof­te van twee jaar ge­le­de ge­stand te doen.

“A­fri­ka moet sy eie pro­gram­me fi­nan­sier. In­stel­lings soos die AU kan nie op sken­kings staat­maak nie, aan­ge­sien die mo­del nie vol­hou­baar is nie,” sê Mu­ga­be.

“Hier­die ne­de­ri­ge ge­baar van Zim­bab­we wys wat moont­lik is wan­neer men­se doen wat hul­le be­loof,” sê Mu­ga­be

Die AU se 2017-be­gro­ting is so­wat R10,32 mil­jard ($782 mil­joen) teen­oor 2016 se be­gro­ting van so­wat R5,5 mil­jard ($416,8 mil­joen). A­fri­ka­lei­ers het in Ju­lie 2016 in be­gin­sel oor­een­ge­kom op ’n 0,2%-hef­fing op som­mi­ge uit­voer om AU-be­dry­wig­he­de te fi­nan­sier.

Zim­bab­we se e­ko­no­mie is in 2016 ge­knou deur die droog­te en die land maak nie som­mer sy AU-by­dra­es be­kend nie. Al­ge­rië, E­gip­te, Li­bië, Ni­ge­rië en SuidA­fri­ka dra die mees­te by tot die AU-be­gro­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.