Su­per­man? Nee, Jan­nie Kas­sel­man!

Po­li­sie, sy span werk nou saam

Beeld - - Wêreld­beeld - A­let Jou­bert

“An­der plek­ke het Su­per­man en Bat­man, S­tan­der­ton het Kas­sel­man!”

Die on­der­werp van be­won­de­ring in die Fa­ce­book-in­skry­wing is Jan­nie Kas­sel­man.

Som­mi­ge meen hy moet som­mer as bur­ge­mees­ter aan­ge­stel word, maar vir Kas­sel­man is dit “net lek­ker om te kan help”.

In die so­si­a­le me­dia is Kas­sel­man (45) en sy ge­lyk­na­mi­ge vei­lig­heids­maat­skap­py ge­loof vir hul op­tre­de in vier groot roof­tog­te die af­ge­lo­pe tien dae.

“Tus­sen­in het ons nog ’n paar huis­ro­wers ook ge­vang,” sê Kas­sel­man, wat dik­wels self op die voor­punt van die op­tre­de teen mis­daad is, maar al­les aan span­werk toe­skryf.

Maan­dag­og­gend het hy saam met die po­li­sie ge­soek na ’n roof­ben­de, wat ’n pen­si­oen­uit­be­ta­lings­punt in Sak­hi­le be­roof het.

Die ro­wers het vroeg­og­gend in drie voer­tuie toe­ge­slaan en ver­skeie hou­ers kon­tant ge­buit. Van die geld en een van die voer­tuie is te­rug­ge­vind.

“Die pu­bliek is ons oë en ore. Men­se voer ons met in­lig­ting op ons agt W­hat­sApp-groe­pe.”

Vier dae te­vo­re is ’n vei­lig­heids­wag en ’n jong boer ge- wond. Kas­sel­man het dié dag in ’n po­li­sie­he­li­kop­ter ge­vlieg op soek na die ben­de van min- stens tien ro­wers wat twee si­ga­ret­af­le­we­rings­voer­tuie be­roof het. Die ro­wers het ses mis­daad­to­ne­le ag­ter­ge­laat toe hul­le hul pad wild en wak­ker oop­ge­skiet het. ’n Weg­kom­voer­tuig, wa­pens en am­mu­ni­sie is ge­kry.

In nog twee roof­tog­te, een by die bui­te­klub en een by ’n bak­ke­ry, was Kas­sel­man en sy span van die eer­stes op die to­neel.

Hy sê die po­li­sie in S­tan­der­ton le­wer ook puik diens.

“Ons is meer be­voor­reg as men­se in groot dor­pe. Ons het week­liks ’n ver­ga­de­ring en die po­li­sie deel in­lig­ting met ons. Die be­vel­voer­der, kol. Fa­nie Mo­tu­ba­ne, is ’n baie reg­ver­di­ge man.

“Ons werk baie nou saam met die po­li­sie en hul­le is toe­ge­wyd. Men­se soos speur­kap­tein Mark Nortjé sal ’n to­neel be­soek selfs al is hy nie op roep nie. Die hon­de-een­heid se span, jis, Don­der­dag het ons hul­le met die he­li­kop­ter ge­drop, dan hol hul­le 3 km, 4 km die veld in tot lank ná hul werk­tyd.”

Kas­sel­man, wat sy maat­skap­py se­dert 1995 be­dryf, skryf die hui­di­ge vlaag van mis­daad toe aan on­der meer dwelm­mis­bruik. “Ons vang huis­bre­kers van selfs 17 jaar oud wat ver­slaaf is aan ny­a­o­pe.” (Dit is ’n meng­sel van on­der meer dag­ga en he­ro­ïen).

Kas­sel­man meen die po­si­tie­we oor­ska­du die mis­daad.

“Ons sa­ke­lui staan saam en skenk maan­de­liks dui­sen­de ran­de aan die Le­kwa Cle­an-up Crew, ’n ge­meen­skaps­pro­jek wat werk ver­skaf en sorg dat die dorp skoon bly. Uit dié geld word ook ’n voet­pa­trol­lie vir die sa­ke­kern be­taal.

Hy en sy vrou, Liza, is al 12 jaar ge­troud en in A­pril het hy vir die eer­ste keer pa ge­word, van Li­ze-Ma­ri.

Kas­sel­man het 104 kg af­ge­skud en hom­self be­loon met vlieg­les­se so­dat hy self ag­ter die stuur­stok van ’n he­li­kop­ter kan in­skuif om mis­daad te be­kamp.

Die Kas­sel­man­vei­lig­heids­maat­skap­py het vier men­se, een ’n po­li­sie­be­amp­te, ná ’n roof­tog by ’n bak­ke­ry ge­vang. Die geld wat ná ’n roof­tog by die S­tan­der­ton­bui­te­klub te­rug­ge­vind is.

Jan­nie Kas­sel­man en sy ba­ba­dog­ter, Li­ze­Ma­rie (twee maan­de).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.