Wag skiet vrien­din, hom langs straat dood

Beeld - - Wêreld­beeld - Ü­gen Vos Mur­ray Louw ’n S­kerm­greep van die kring­te­le­vi­sie­beeld.

en

“Van­dag trek ek uit,” het ’n ont­sto­ke vrou gis­ter­og­gend op pad werk toe aan ’n me­de­pas­sa­sier in ’n mi­ni­bus­taxi ge­sê.

Mi­nu­te la­ter het haar lyk op die sy­paad­jie ge­lê met ver­skeie koe­ël­won­de.

Die lyk van die man by wie sy ge­woon het, was 4 m daar­van­daan in sy bak­kie waar hy hom­self ge­skiet het.

Die vrou (27) het aan haar me­de­pas­sa­sier ge­sê die man het haar sleg­ge­sê.

K­ring­te­le­vi­sie­beel­de wat Net­werk24 eks­klu­sief be­kom het, wys hoe die man (38) haar in ’n wit bak­kie in C­lif­ford­weg, C­han­cliff in Kru­gers­dorp, in­wag.

Hy klim dan om­streeks 07:23 uit die bak­kie ter­wyl die vrou langs die straat af­ge­stap kom. Hy kon­fron­teer haar en hul­le be­gin me­kaar slaan en rond­stamp. In ’n sta­di­um skuil sy ag­ter ’n boom, maar hard­loop dan weer drei­gend na hom toe. Hy skiet haar ver­skeie ke­re en as sy steeds reg­op ag­ter die boom sit, hard­loop hy na­der en skiet haar van na­by af, waar­na sy val en bly lê.

Die man hard­loop dan oor die pad en klim in sy werk­ge­wer se bak­kie, waar hy hom­self ge­skiet het.

’n Oog­ge­tuie wat die voor­val ge­sien het, sê hy ver­moed die man het drie sko­te ge­skiet, maar het by­ge­voeg dat hy “te groot ge­skrik het” om mooi op te let.

Die vrou was vol­gens haar me­de­pas­sa­sier die ma van ’n jong dog­ter­tjie.

Die man was vol­gens die po­li­sie ’n vei­lig­heids­wag wat in sy werk­ge­wer se bak­kie ge­ry het.

Kapt. Ma­vela Ma­son­do, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie was om­streeks 07:30 op die to­neel, waar hul­le die vrou se lyk op die sy­paad­jie en dié van die man in die bak­kie ge­vind het.

“Die vrou is ver­skeie ke­re ge­skiet en die man is met ’n wond aan sy bo­lyf in die bak­kie ge- vind. Al­bei was reeds dood toe die nood­diens­te op die to­neel aan­kom.”

Die po­li­sie het die pis­tool wat in die aan­val ge­bruik is, langs die man se lyk ge­vind.

Die na­me van die slag­of­fers is nog nie be­kend ge­maak nie.

Ma­son­do sê die po­li­sie weet nie wat die mo­tief vir die moord en self­moord was nie, maar on­der­soek die saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.