Gas oor­val hom en hy ver­drink

Beeld - - Wêreld­beeld - A­ne­na Bur­ger

Die lyk van ’n ge­wil­de ma­triek­leer­ling van die Ho­ër­skool U­ping­ton is in ’n bad wa­ter ge­vind waar hy ver­moe­de­lik ver­drink het na­dat hy deur gas oor­val is.

Brandon Roux (18) is eer­gis­ter om­streeks 18:00 dood in die bad ge­kry in ’n wer­kers­huis op ’n plaas op ’n sout­pan na­by A­skham in die Ka­la­ha­ri.

Sy hond­jie is dood bui­te die bad­ka­mer­deur aan­ge­tref. Die po­li­sie ver­moed die foks­ter­ri­ër het by hom pro­beer uit­kom en is moont­lik ook deur die gas uit ’n gei­ser oor­val, sê kapt. Ja­c­ques Sep­tem­ber, po­li­sie­woord­voer­der.

Brandon se pa, Ja­c­ques, het glo on­raad ver­moed na­dat hy sy seun pro­beer kon­tak het, maar hy nie sy sel­foon ge­ant­woord het nie. Hy het die fa­mi­lie­vriend op wie se plaas Brandon ge­kui­er het, ge­kon­tak om on­der­soek in te stel, waar­na sy lyk ge­vind is.

Sy skool­maats was gis­ter erg ge­skok. Hul­de­bly­ke het in­ge­stroom.

“Hy was die ou wat al­tyd die aak­lig­ste tye s­naaks ge­maak het. Wat al­les kon om­draai met sy goeie ge­sind­heid. Hy het ons soms so laat lag dat jou maag la­ter be­gin pyn het. En hy het al­tyd die breed­ste skou­er ge­had om op te huil,” het ’n be­woë Ja­ne Bec­ker ge­sê.

Ri­aan Kot­ze, s­kool­hoof, sê Brandon was ’n aan­ge­na­me leer­ling wat “werk­lik uit sy dop ge­klim en ge­blom het” se­dert hy by die skool be­gin skool­gaan het.

“Dit is tra­gies en ’n har­de hou vir sy klas­maats. Hy gaan werk­lik ge­mis word. Die leer­lin­ge is bit­ter ont­steld en het my van­og­gend (gis­ter) vroeg al met baie vrae ge­bel. Ons har­te gaan ook uit aan sy ge­bro­ke fa­mi­lie.”

Brandon was ook ’n goeie rug­by­spe­ler wat vir die skool se twee­de span ge­speel het.

Die po­li­sie het ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek na die voor­val ge­o­pen.

Brandon se ma, Ma­rie, was gis­ter nog te ont­steld om met die me­dia te praat.

Brandon word ook oor­leef deur drie broers en ’n sus­ter.

Brandon Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.