Flik­ke­ren­de beel­de en ’n taal se nu­we vreemd­heid

Deur te skryf pro­beer hy na­by kom aan al die goed wat hy wil doen maar nié kan doen nie, sê S.J. Nau­dé. Mur­ray La Vi­ta het met hom ge­sels.

Beeld - - Wêreld­beeld - Pas by U­mu­zi ver­skyn het.

Op ’n koue, re­ë­ne­ri­ge Kaap­se dag praat S.J. Nau­dé oor Die der­de spoel, ’n ro­man “deur­week van ar­gi­tek­tuur, in­stal­la­sie­kuns, ki­ne­ma­to­gra­fie, seks, mu­siek, siek­te, ver­lies en lief­de”.

“Ek is baie ge­ïn­te­res­seerd in vi­su­e­le kuns. Dis eint­lik ’n soort ja­loe­sie, dink ek. Eint­lik, eint­lik . . . Daar is baie an­der kuns­vor­me wat ek eer­der sou be­dryf as om te skryf; skryf voel vir my na die arm ne­fie, as’t wa­re. Soos in­stal­la­sie­kuns; iets wat daai on­mid­del­lik­heid het wat ’n mens in ’n oog­op­slag kan in­neem. Of mu­siek. En ek dink dit is een re­de waar­om hier­die goed so fi­gu­reer in die ro­man. Dit is ’n soort po­ging om met woor­de na­by aan die grens te kom van iets an­ders doen, soos mu­siek of dans of in­stal­la­sie­kuns of vi­de­o­kuns. Ál daar­die din­ge sal ek eer­der doen. En selfs in my eie be­lang­stel­ling . . . ek lees, na­tuur­lik lees ’n mens want jy kan nie skryf as jy nie lees nie, maar ek is meer ge­ïn­te­res­seerd in an­der kuns­vor­me as in let­ter­kun­de.”

Sy blou­grys oë is aan­vank­lik af­ge­wend ty­dens die on­der­houd oor sy aan­gry­pen­de ro­man wat pas die lig ge­sien het. Hy kon te dan­ke aan die Jan Ra­bie en Mar­jo­rie Wal­la­ce-skry­wers­beurs, wat in 2014 aan hom toe­ge­ken is, heel­tyds daaraan werk.

“Die al­fa­bet van die vo­ëls (sy de­buut­kort­ver­haal­bun­del) het ek in ’n soort waas ge­skryf toe ek (in 2010) te­rug­ge­kom het in Suid-A­fri­ka. Om die cli­ché te ge­bruik: Die sto­ries het hul­self ge­skryf. Die pen het sy eie pa­tro­ne ge­maak. En ek dink dít het se­ker baie te ma­ke ge­had met ’n soort op­bou, ’n soort lang on­der­druk­king van die skry­fim­puls.

“Toe ek jonk was, het ek ge­skryf, maar in die 16 jaar wat ek in die bui­te­land as ’n regs­prak­ti­syn ge­werk het, was jy heel­te­mal op ’n an­der fre­kwen­sie, een wat nie reg was vir skryf nie en ’n mens het ge­suk­kel om die tyd en die ge­dag­te­ruim­te te kry om hoe­ge­naamd te skryf.”

Daar was ’n soort “per­fek­te storm” toe hy te­rug­ge­keer het.

“So daar­die sto­ries het net ge­beur. Maar die twee­de boek was ’n heel an­der pro­ses.”

Hy het die ro­man (in En­gels The Thi­rd Reel), wat hy­self ver­taal het of waar­van de­le eer­ste in En­gels ge­skryf is, al só be­skryf: “Dis ’n ro­man oor ’n suk­ke­len­de Suid-A­fri­kaan­se film­skool­stu­dent in Lon­den, ’n soek­tog na ’n ver­lo­re vroeë Duit­se film in Ber­lyn, ’n storm­ag­ti­ge lief­des­ver­hou­ding, ’n sons­ver­duis­te­ring en ’n in­dus­tri­ë­le rock­band. Al­les in die lang ska­du van ’n sken­den­de stuk Eu­ro­pe­se ge­skie­de­nis.”

Die der­de spoel lê tus­sen li­te­rê­re gen­res. Dit is on­der meer ’n Koue Oor­log-ril­ler, sê hy.

“’n Ro­man kan ’n klomp ar­gu­men­te wees wat ter­self­der­tyd ont­vou; daar­die ar­gu­men­te spreek me­kaar ook dik­wels teë. Van die ro­mans waar­van ek die mees­te hou, het ver­skil­len­de ar­gu­men­te of le­wens­sie­nin­ge wat ge­lyk­ty­dig ont­wik­kel en in ’n soort pre­kê­re e­we­wig is waar­van een ar­gu­ment of sie­ning nie nood­wen­dig die wen­ner is nie.

“Die skep van ka­rak­ters is na­tuur­lik ’n soort split­sing van die self; ’n soort ver­sprei­ding van die self tus­sen ver­skil­len­de ka­rak­ters. So wat vir my in­te­res­sant is, is wan­neer, as ka­rak­ters nou ar­gu­men­te sou ver­teen­woor­dig, daar­die ar­gu­men­te met me­kaar praat.

“Wat die ar­gu­men­te in hier­die boek is? Gits, ek sal mooi moet gaan dink daar­oor. Ek dink een van die be­lang­ri­ke ly­ne . . . Jy het ’n klomp ka­rak­ters hier, re­de­li­ke jong men­se in hul­le vroeë tot mid­del twin­tigs, hul­le woon in Lon­den by uit­stek en dan Ber­lyn tot ’n ma­te ook. Hul­le woon as squat­ters in die tyd van T­ha­t­cher toe jong men­se ge­a­bando­neer­de ge­boue be­set het en daar­in ge­woon het en in op­po­si­sie ge­staan het teen al­les wat T­ha­t­che­ri­te-B­rit­tan­je ver­teen­woor­dig het. En hul­le het hier­die soort i­dees oor hoe mens sou kón le­we of be­hoort te le­we in ’n stad; i­dees oor hoe ste­de­li­ke ge­meen­skap­pe sou kon lyk. So ’n i­dee van ra­di­ka­le vry­heid, van hoe ’n mens vol­ko­me vry kan le­we, vry kan kuns maak, vry kan lief­hê. En in se­ke­re op­sig­te lyk hul ge­dag­tes, ve­ral van­uit ’n 2017-per­spek­tief, nog­al na­ïef en selfs ’n bie­tjie be­dor­we – dit is jong men­se wat nie reg­tig so arm is in glo­ba­le ter­me nie.

“Maar daar is tog iéts, ’n soort spran­kel van waar­heid of i­de­a­lis­me of u­to­pie­se ge­rigt­heid, in die sin dat daar ’n soort oor­tui­ging is dat i­de­o­lo­gie­se ver­skui­wing of groot ver­skui­win­ge in hoe die wê­reld of mag werk, nog moont­lik is.

“Die pro­ta­go­nis, E­tien­ne, sit tus­sen hier­die on­der­druk­ken­de po­li­tie­ke be­stel­le. Hy kom van a­part­heid-Suid-A­fri­ka en T­ha­t­che­ri­te-B­rit­tan­je is ook nou nie die vry­ste plek nie. Dan is daar die back sto­ry van Na­zi-Duits­land en hy gaan Oos-Duits­land toe.

“En dis ’n merk­waar­di­ge tyd in die ge­o­po­li­tiek ook. Din­ge kón ver­skuif en din­ge het na­tuur­lik ook ra­di­kaal ver­skuif bin­ne­kort ná hier­die pe­ri­o­de ook. A­part­heid het ge­val; die Muur het ge­val; T­ha­t­cher het ook nou nie vir e­wig in B­rit­tan­je re­geer nie.

“Maar dit is in­te­res­sant hoe, van­uit ’n hui­di­ge per­spek­tief, as ’n mens nou kyk waar ons nou is – ver­stom­mend ge­noeg is ons weer op pad na ou­to­ri­tê­re po­li­tiek . . .

“So een van die oor­hoof­se ar­gu­men­te is hier­die i­dee van . . . dis ’n soort nos­tal­gie vir ’n tyd waar­in ’n an­der wê­reld moont­lik ge­lyk het. Maar die ge­skie­de­nis werk na­tuur­lik op sy eie ma­nier en soms ver­an­der die wê­reld ra­di­kaal bin­ne ’n kort tyd op ’n ma­nier wat ’n mens nie kan voor­sien nie.

“’n Mens kan neer­bui­gend wees teen­oor hier­die ka­rak­ters, maar hul­le het ie­wers on­der hul ge­woon­tes – hul pos­t­punk-mu­siek en hul in­dus­tri­al a­von­tu­re – ’n soort i­de­a­lis­me wat vir my aan­trek­lik is en waar­by ’n mens aan­klank vind.”

Be­ne­wens ril­ler en Bil­dungs­ro­man is Die der­de spoel ook ’n aan­gry­pen­de lief­des­ver­haal.

“Ja, ek dink die kern van die ro­man is dalk die ver­hou­ding tus­sen E­tien­ne en Axel.”

Hoe het die ro­man ont­staan? “Daar is se­ke­re on­der­lig­gen­de ob­ses­sies waar­van ’n mens self dalk nie al­tyd mooi be­wus is nie wat ma­ni­fes­teer in ka­rak­ters in se­ke­re soort sce­na­rio’s wat hul­le her­haal­de­lik uit­speel, of mens nou wil of nie.

“Die be­paal­de vonk vir die ro­man kan ek te­rug­voer na ’n en­ke­le ge­sprek met ’n B­rit­se vriend wat film­te­o­rie do­seer in En­ge­land en wat met my ge­praat het oor spook­films. Soos die ro­man sê in ’n sta­di­um (by mon­de van so ’n do­sent): Daar is hier­die films uit die twin­tigs en der­tigs wat nie ge­ar­gi­veer is nie om­dat men­se ge­dink het dit is maar net ty­de­li­ke ver­maak. So ek dink daai i­dee van die ver­lo­re films en van men­se wat op al­ler­lei plek­ke op soek is na hier­die films, is be­slis waar die boek be­gin het.”

Soms het frag­men­te van die rol­pren­te (’n paar flik­ke­ren­de beel­de) of ’n stil­fo­to of ’n pro­mo­si­o­ne­le plak­kaat oor­leef.

“Iets waar­uit ’n mens kan be­gin om die film te ver­beel of weer op te bou. Of daar is be­skry­wings daar­van. Ja, daar­die i­dee van iets op­bou uit frag­men­te. Dit is se­ker wat die pro­ses van ro­man­skryf óók is. ’n Mens het self flar­des van i­dees en ka­rak­ters; soms beel­de; soms ’n re­ël of ’n slot of iets van dié aard en daar­uit pro­beer ’n mens nou iets kon­si­pi­eer.”

E­tien­ne pro­beer teen hier­die ag­ter­grond die wê­reld van SuidA­fri­ka en van sy kin­der­ja­re in daar­die land op ’n se­ke­re ma­nier af­sny.

“En ter­self­der­tyd soek hy na ’n film wat ’n te­rug­vind sou wees van daar­die beel­de. En dít is ook ’n film wat dan ge­ba­seer is op die werk van Wal­ter Ben­ja­min wat spe­si­fiek gaan oor die skep­ping van ’n kin­der­wê­reld uit eint­lik ook ’ n paar frag­men­te; daar is ’n vrees­li­ke skraal- heid van mid­de­le wat Ben­ja­min ge­bruik in sy ver­sa­me­ling frag­men­te oor sy kin­der­dae in Ber­lyn.

“Hy werk met die klein­ste ge­ge­wes, mees­al nie men­se nie, maar plek­ke of din­ge of oom­blik­ke of teks­tu­re. En dis merk­waar­dig hoe hy ’n he­le stad so op­roep uit hier­die paar ge­ge­wens.

“So dít op sig­self is ’n soort pa­ral­lel dan vir daai pro­ses om die film te pro­beer her­skep of ver­beel, ook uit frag­men­te. Maar ook die teen­oor­ge­stel­de van wat E­tien­ne pro­beer doen met sý kin­der­dae wat hy wil be­sweer.

“E­tien­ne is ’n ob­ses­sie­we eer­der as ’n ra­si­o­ne­le ka­rak­ter en ek dink sy im­puls om wat hy be­skou as die bru­ta­li­tei­te van die plek van sy her­koms heel­te­mal uit sy ge­stel te kry, is ’n s­ter­ker im­puls as die een om met sy ma kon­tak te be­hou.

“Dit is na­tuur­lik i­ro­nies dat hy die e­nig­ste as­pek van sy jeug in Suid-A­fri­ka wat die bru­ta­li­teit teen­ge­staan het, syn­de sy ma, ook dan af­skryf saam met die res van daar­die wê­reld. Maar ek dink die im­puls by hom is so sterk om hom­self daar­van af te sny dat dit uit­ein- de­lik he­laas s­ter­ker is as sy be­hoef­te aan haar. Ek dink die kon­tak met sy ma roep vir hom hier­die wê­reld ge­du­rig op; dit laat daar­die ou wê­reld vir hom sig­baar bly . . .

“Daar is ’n span­ning tus­sen die af­stand­doe­ning van die wê­reld van sy kin­der­dae en jeug teen­oor die feit dat hy be­sig is om te soek na hier­die film en spe­si­fiek wat dan in die film te vin­de is, naam­lik die vi­su­e­le ver-beel­ding of uit­beel­ding van die kin­der­her­in­ne­rin­ge van Wal­ter Ben­ja­min in ’n stad wat Ben­ja­min in daar­die sta­di­um goed ge­weet het ver­woes gaan word . . . die op­te­ke­ning van daar­die kin­der­her­in­ne­rin­ge is na­tuur­lik deur­drenk met daai we­te, wat dit nog­al ont­roe­rend maak.”

Nau­dé ge­bruik in Die der­de spoel woor­de soos: be­dol­we, pees, er­ker, ver­slib­te be­ne, de­bie­le glim­lag, of sloom skof­fe­laar.

“Ek weet nie al­tyd waar die woor­de van­daan kom nie; se­ker maar uit ’n mens se A­fri­kaan­se lees­werk. Maar dit is in­te­res­sant wat met taal ge­beur wan­neer ’n mens dit nie praat nie, soos ek wat A­fri­kaans vir so lank nie ge­praat het nie. Dis s­naaks as die A­fri­kaans so dor­mant lê dan ge­beur daar tóg iets daar­mee.

“Ek het in ’n sta­di­um ge­dink, en deels mis­kien om­dat ek in die regs­pro­fes­sie in Lon­den was waar baie men­se uit die soort Ox­brid­ge-wê­reld kom en ’n soort En­gels praat wat nog so ’n bie­tjie E­li­za­be­thaan­se fan­ta­sieë daar­ag­ter het . . . ef­fens oor­for­me­le En­gels . . . dat iets daar­van dalk deur­ge­suur het na die A­fri­kaans. Ek neig in elk ge­val na ’n soort ef­fens oor­for­me­le taal­ge­bruik. Ek dink men­se vind dit soms kod­dig.

“Dalk is daar in daar­die dor­man­te pe­ri­o­de ou woor­de ge­ak­ti­veer wat ’n mens in ’n sta­di­um ie­wers te­ë­ge­kom het. En ek het baie Ka­rel S­choe­man in ’n sta­di­um ge­lees en ek is se­ker baie daar­van kom se­ker van daar. En na­tuur­lik as ’n mens Mar­le­ne van Nie­kerk of Ing­rid Win­ter­bach lees . . . dan kom al hier­die goed so in sus­pen­sie.

“Dis nou ’n bie­tjie min­der so nou­dat ek al weer lank te­rug is en baie A­fri­kaans ge­praat het, maar in daar­die eer­ste tyd . . . daar is ’n won­der­li­ke soort vreemd­heid aan A­fri­kaans; ’n nú­we vreemd­heid. En daar is iets baie pro­duk­tief aan daar­die nu­we soort af­stand van taal wat jou kin­der­taal was.

“So mens kyk daar­na am­per soos ’n twee­de­taal­spre­ker; jy praat op so ’n be­wus­te ma­nier en daar is ’n ver­hoog­de be­wust­heid in jou om­gang daar­mee.

“Ek dink ek het nou weer iets daar­van ver­loor, maar daar­die eer­ste ruk was dit baie sterk,” sê hy.

Fo­to: JOANNE O­LI­VIER

Die skry­wer S.J. Nau­dé, wie se ro­man Die der­de spoel

Nau­dé se ro­man en kort­ver­ha­le. The Alp­ha­bet of Bi­rds het ook by U­mu­zi ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.