Gi­ga­ba weet nie wan­neer SAL sy ‘vlie­ë­nier’ sal kry

Di­rek­sie moes al praat met kan­di­da­te

Beeld - - Sakenuus - Die SAL is se­dert No­vem­ber 2015 son­der ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof. – Fin24

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het geen i­dee hoe lank dit gaan duur voor­dat die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) ’n nu­we uit­voe­ren­de hoof het nie.

Hy het in ant­woord op ’n par­le­men­tê­re vraag van Alf Lees, DA-LP, ge­sê die drie kan­di­da­te op die kort­lys moes al na reg­te in die week van 22 Mei voor die SAL-di­rek­sie ver­skyn het.

Dit is on­se­ker of dit in­der­daad ge­beur het.

Die drie fi­na­le kan­di­da­te is ge­kies uit die vyf – twee SuidA­fri­ka­ners en drie bui­te­lan­ders – op die aan­vank­li­ke kort­lys.

“Ons kan nie vas­stel hoe lank die pro­ses­se van aan­deel­hou­ers­ver­teen­woor­di­ging sal duur om dié saak na ’n punt toe te dryf nie,” het Gi­ga­ba ge­ant­woord op die vraag wan­neer die staats­be­heer­de lug­diens se uit­voe­ren­de hoof aan- ge­wys gaan word.

Die SAL is se­dert No­vem­ber 2015 son­der ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof.

Mu­sa Z­wa­ne, voor­heen teg- nie­se hoof, neem waar. Hy is die se­wen­de mens wat se­dert 2010 per­ma­nent of waar­ne­mend aan die hoof van die staats­lug­diens staan.

Fin24 het voor­heen be­rig Vuy­a­ni Ja­ra­na, uit­voe­ren­de hoof van Vo­da­com, is die voor­lo­per in die wed­loop om die SAL se uit­voe­ren­de “vlie­ë­nier” te word.

Du­du My­e­ni, voor­sit­ter van die SAL se di­rek­sie, het eg­ter glo ’n an­der kan­di­daat in ge­dag­te.

Sun­day Ti­mes het in Ju­nie be­rig dat My­e­ni glo ’n di­rek­sie­ver­ga­de­ring pro­beer stop­sit het waar­op Ja­ra­na se be­noe­ming goed­ge­keur sou word.

Gi­ga­ba het on­langs op ’n nuus­kon­fe­ren­sie daar­op ge­sin­speel dat My­e­ni se rol self la­ter van­jaar op die SAL se jaar­ver­ga­de­ring tot ’n ein­de sal kom.

Yu­nus Car­rim, ANC-LP en voor­sit­ter van die par­le­ment se staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies (S­koor), het Son­dag in ’n ver­kla­ring ge­ëis dat die SAL se voor­sit­ter­skap her­sien word.

Sy ver­kla­ring het ge­volg na­dat die te­sou­rie R2,207 mil­jard aan S­tan­dard C­har­te­red be­taal het om ’n SAL-le­ning te delg. Die geld kom uit die na­si­o­na­le in­kom­ste­fonds, waar­in al­le be­las­ting­geld be­taal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.