Ver­brui­kers sal nie meer op­dok weens voëlgriep, sê Sa­pa

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

As die vlaag voëlgriep nie ver­der ver­sprei nie, sal Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers nie meer vir hoen­der­vleis of ei­ers moet be­taal nie.

Só sê Ke­vin Lo­vell, uit­voe­ren­de hoof van die Suid-A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging (Sa­pa).

Dit is on­danks die feit dat on­ge­veer 500 000 hoen­ders al vol­gens Sa­pa van kant ge­maak is na­dat die hoogs aan­steek­li­ke H5N8-vi­rus ver­le­de maand vir die eer­ste keer on­der Suid-A­fri­kaan­se hoen­ders uit­ge­breek het. Die siek­te ver­oor­saak groot­skaal­se vrek­tes on­der pluim­vee.

“Dit lyk as­of die staat se be­heer­maat­re­ëls by die twee pla­se waar die vi­rus uit­ge­breek het, ge­help het om dit daar te be­kamp. Maar om te sê die siek­te is on­der be­heer, is nog voor­ty­dig,” sê Lo­vell.

Dit is om­dat die siek­te hoof­saak­lik ver­sprei deur wa­ter­vo­ëls wat dit in die hoogs aan­steek­li­ke vorm dra. Die eer­ste plaas wat ge­raak is, is na­by die Vaal­ri­vier.

Dit is hoogs waar­skyn­lik dat die siek­te ook voor­kom in wil­de wa­ter­vo­ëls soos een­de in an­der de­le van Suid-A­fri­ka.

“Waar wil­de vo­ëls ’n siek­te ver­sprei, kan ’n mens nooit sê dis on­der be­heer nie, so ons hou die si­tu­a­sie steeds fyn dop,” sê Lo­vell.

Een van die twee pla­se wat ge­raak is, is ’n teel­plaas vir lê­hen­ne na­by G­rey­ling­stad in M­pu­ma­lan­ga, so­wat 35 km van S­tan­der­ton. Vol­gens Lo­vell het die uit­bre­king slegs so­wat 1% van die plaas se pro­duk­sie ge­raak.

“Ons voor­sien nie dat daar ’n te­kort aan ei­ers in die land sal ont­staan of dat ver­brui­kers duur­der daar­voor hoef te be­taal weens die uit­bre­king nie – mits die siek­te nie ver­sprei nie.”

Die an­der plaas waar die vi­rus die eer­ste keer op­ge­merk is, word deur Astral, die land se groot­ste pluim­vee­pro­du­sent, be­dryf. Dié plaas ver­skaf teel­hoen­ders vir die braai­kui­ken­be­dryf.

Chris S­chut­te, uit­voe­ren­de hoof van Astral, sê die maat­skap­py het ’n be­perk­te sur­plus­ka­pa­si­teit wat as buf­fer dien teen die uit­wer­king van die uit­bre­king.

“Ons het ge­beur­lik­heids­plan­ne om die si­tu­a­sie te han­teer, en dit sluit hulp van ons in­ter­na­si­o­na­le ven­noot in om pluim­vee te teel en be­broei­de ei­ers in die han­de te kry om ons voor­raad aan te vul.”

Die staat het in­tus­sen on­ge­ken­de streng be­heer­maat­re­ëls in­ge­stel om die ver­sprei­ding van die siek­te te pro­beer stuit. Dit het ’n aan­vank­li­ke ver­bod op die ver­koop van le­wen­de hoen­ders in­ge­sluit, maar is la­ter aan­ge­pas. Ko­pers en ver­ko­pers van meer as vyf le­wen­de hoen­ders, vir e­ni­ge an­der doel as slagting by ’n ge­re­gis­treer­de a­bat­toir, moet nou aan ’n reeks streng voor­waar­des vol­doen.

Die ver­ko­pers van le­wen­de hoen­ders (kom­mer­si­ë­le boe­re in­kluis) en die han­de­laars wat die hoen­ders koop en ver­koop, moet by die Be­stuurs­a­gent­skap vir Pluim­vee­siek­tes (PDMA) re­gis­treer. Ko­pers en ver­ko­pers wat by die PDMA re­gis­treer, moet on­der­neem om die ver­eis­te be­heer­maat­re­ëls na te kom.

Slegs ge­re­gis­treer­de ko­pers en ver­ko­pers sal toe­ge­laat word om han­del te dryf.

Boe­re het reeds ver­lies­te aan­ge­te­ken weens die uit­braak van voëlgriep, maar Sa­pa het laat weet dit sal nie ver­brui­kers se sak ruk nie.

Ke­vin Lo­vell, hoof van die Suid­A­fri­kaan­se Pluim­vee­ver­e­ni­ging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.