JSE ver­loor in Ju­nie ver­der veld ná hand­ves, OB se plan

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert

Die JSE het in Ju­nie ver­der veld ver­loor te mid­de van die be­leids­on­se­ker­heid en swak be­leg­gers­ver­troue wat aan­deel­pry­se on­der druk ge­plaas het.

Die JSE se in­deks van al­le aan­de­le het Ju­nie 3,6% la­er af­ge­sluit as Mei, sê An­chor Ca­pi­tal in sy maan­de­lik­se ver­slag oor die beurs.

In Mei het die beurs be­gin stoom ver­loor na­dat dit in Maart en A­pril ho­ër ge­sluit het.

Vir die jaar tot dus­ver is die in­deks 1,9% ho­ër.

Die uit­rei­king van die nu­we myn­bou­hand­ves, wat uit al­le oor­de ge­kri­ti­seer is, het myn­bou­aan­de­le se pry­se in Mei laat tui­mel. Die aan­be­ve­ling van adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer, dat die man­daat van die Re­ser­we­bank ver­an­der word, het sen­ti­ment ’n ver­de­re knou ge­gee, sê An­chor Ca­pi­tal.

Ge­volg­lik het al die be­lang­ri­ke in­dek­se van die JSE in die rooi ge­sluit.

Die In­di-25-in­deks het in Ju­nie met 4,4% te­rug­ge­sak. Vir die jaar tot dus­ver is hy eg­ter 9,7% ho­ër.

Die Fi­ni-15- en die Re­si-20-in­deks het in Mei on­der­skei­de­lik 2,1% en 3% la­er ge­sluit. Die Fi­ni-15-in­deks is vir die jaar tot nou toe 4% la­er en die Re­si-20in­deks 5,7% la­er.

A­dcorp was in Ju­nie die groot­ste wen­ner. Sy aan­deel­prys het 24,5% ho­ër ge­sluit na­dat die maat­skap­py in Mei een van die groot ver­loor­ders was en die prys met 20,9% ge­tui­mel het.

Brait-aan­de­le het in Ju­nie die swak­ste ge­vaar en die prys het 25,6% la­er ge­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.