Me­tair brei in­ter­na­si­o­naal uit

Beeld - - Sakenuus -

Die ny­wer­heids­groep Me­tair het sy in­ter­na­si­o­na­le voet­spoor ver­groot deur ’n 25,1%­be­lang in ’n Duit­se bat­te­ry­ver­vaar­di­ger te be­kom.

In ’n ver­kla­ring op die JSE se nuus­diens, Sens, sê dié ver­vaar­di­ger van mo­tor­on­der­de­le en bat­te­rye hy het die be­lang in die Duit­se fir­ma Moll vir €7,425 mil­joen ver­kry.

Me­tair, wat al fa­brie­ke in Suid­A­fri­ka, Roe­me­nië en Tur­kye het, het ver­le­de jaar ook ’n meer­ja­ri­ge kontrak van Daim­ler in Duits­land los­ge­slaan.

T­heo Loock, be­stu­ren­de di­rek­teur van Me­tair, sê dié nuut­ste ver­kry­ging is deel van ’n stra­te­gie om die maat­skap­py in­ter­na­si­o­naal te laat uit­brei. “Dit stel ons in staat om ’n teen­woor­dig­heid na­by ons Eu­ro­pe­se klan­te te hê en be­werk­stel­lig gro­ter toe­gang tot Eu­ro­pa en A­sië.”

Hy voeg by dat die maat­skap­py sy pro­duk­reeks ook nou kan uit­brei. Die ver­kry­ging stel Me­tair in staat om bat­te­rye vir e­lek­trie­se fiet­se, twee­ en drie­wiel­voer­tuie en e­lek­trie­se voer­tuie te ver­skaf.

“Dit gee aan Me­tair ook ’n klein maar deur­slag­ge­wen­de voet in die deur na die C­hi­ne­se mark.”

Moll, wat in 1945 ge­stig is, is ’n be­ken­de bat­te­ry­ver­skaf­fer vir die mo­tor­be­dryf en vir han­dels­voer­tuie. Die maat­skap­py ver­vaar­dig ’n reeks bat­te­rye by sy aan­leg in Bad S­taf­fel­stein in Duits­land en ver­skaf bat­te­rye aan Eu­ro­pe­se mo­tor­reu­se soos Au­di, Daim­ler, Porsche, S­ko­da, SE­AT, Lam­bor­g­hi­ni, Leib­ner en Volks­wa­gen.

T­heo Loock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.