All Blacks ‘was Maan­dag al ge­reed’

Leeus sal knor­ri­ge Ki­wi’s kry

Beeld - - Sakenuus - Reuters –

Die Nieu-See­land­se rug­by­span is oor­ge­haal om wraak te neem na­dat die B­rit­se en Ier­se Leeus hom Sa­ter­dag slegs sy vyf­de toet­s­ne­der­laag die af­ge­lo­pe ses jaar toe­ge­dien het.

Vol­gens die Nieu-See­land­se skrum­ska­kel Aa­ron S­mith en die slot Bro­die Re­tal­lick was hul­le Maan­dag al ge­reed om die Leeus weer die stryd aan te sê ná die te­leur­stel­len­de ne­der­laag met 21-24 in die twee­de toets in Wel­ling­ton.

Hul­le sal tot Sa­ter­dag moet wag wan­neer die stryd op E­den Park in Auck­land sal be­paal wie met die lou­e­re in dié rug­by­reeks weg­stap.

“Daar is nou baie meer druk op die spe­lers in ons groep. Dis nou ’n ge­val van reg of weg,” het Re­tal­lick ge­sê.

“Dit sou lek­ker ge­wees het as ons som­mer nou da­de­lik kon speel, maar daar is na­tuur­lik ’n paar din­ge wat ons moet uit­sor­teer voor die na­week,” sê Re­tal­lick, een van die All Blacks se groot uit­blin­kers in die eer­ste twee toet­se.

Vol­gens hom het die Leeus met ’n veel gro­ter fi­sie­ke aan­slag vo­ren­dag ge­kom in die twee­de toets en het hul­le in die All Blacks se ge­sig­te ge­boer.

S­mith, die Ki­wi’s se eer­ste­keu­se-skrum­ska­kel, jeuk ook om weer op die veld te wees.

“Dis vir groot wed­stry­de soos dié wat ’n mens rug­by speel. Ek kon Maan­dag al ge- speel het – ek is slag­ge­reed. Maar dit sal ’n lang week van voor­be­rei­ding wees waar­in ons moet se­ker maak dat al ons plan­ne ag­ter­me­kaar is,” sê hy.

S­mith het ook lof vir die All Black-pak ge­had wat vir 55 mi­nu­te met net se­we spe­lers oor die weg moes kom. Na­dat Son­ny Bill Wil­li­ams af­ge­stuur is met ’n rooi­kaart, is be­sluit om eer­der ’n flank, Je­ro­me Kai­no, met ’n sen­ter (N­ga­ni Lau­ma­pe) te ver­vang.

“Hul­le (die agt­tal) het reu­se­werk op die ver­de­di­ging ge­doen, maar dit was te­leur­stel­lend dat ons (die ag­ter­lyn) nie meer met ons aan­vals­ge­leent­he­de kon doen nie.”

Die All Blacks het in Wel­ling­ton die eer­ste keer se­dert 2014 nie ’n en­ke­le drie in ’n toets ge­druk nie.

Vol­gens S­mith is hul­le ook daaraan ge­woond dat die All Black-plaas­ver­van­gers ’n groot im­pak maak en die uit­klop­hou plant, maar dat dít nie die ge­val in die twee­de toets was nie.

“Ons sal be­slis Sa­ter­dag ons kan­se be­ter be­nut,” sê S­mith.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die All Black­slot Bro­die Re­tal­lick en sy span­maats oe­fen gis­ter in Auck­land ter voor­be­rei­ding vir Sa­ter­dag se be­slis­sen­de toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.