Ko­li­si­skuif na nom­mer 6 kan Van Dyk laat pryk

Beeld - - Sakenuus - S­te­phen Nell

Siya Ko­li­si se goeie ver­to­nings as die S­pring­bok­ke se bal­jag­terflank kan straks ook ’n po­si­si­o­ne­le skuif by die S­tor­mers te­weeg bring.

Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se af­rig­ter, maak mô­re sy span vir Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-krag­me­ting met die Sun­wol­ves op Nu­we­land be­kend en dit sal ve­ral in­te­res­sant wees om te sien hoe sy los­voor­spe­ler­kom­bi­na­sie lyk.

Ryn­hardt El­stadt is van­dees­week ge­skors, maar Ko­li­si, die S­tor­mers se kap­tein, is weer be- skik­baar na­dat hy ver­le­de week ’n blaas­kans ge­kry het. Die S­tor­mers het die C­hee­tahs in sy af­we­sig­heid met 40-34 in Bloem­fon­tein ge­klop.

Ko­li­si het vroe­ër in die S­tor­mers se veld­tog ge­reeld as steel­kant­flank op­ge­draf, maar dit maak s­kie­lik baie sin vir hom om eer­der die nr. 6-trui te dra. Dis nie net sy eie am­bi­sies wat deur so ’n skuif ge­dien sal word nie, maar ook dié van an­der los­voor­spe­lers in die groep.

Ko­bus van Dyk, wat op sy ge­mak­lik­ste is met die bal in die hand eer­der as om op die af- breek­pun­te te moet fo­kus, is ’n goeie voor­beeld hier­van.

“Ek was vir die Ma­ties ’n meer aan­val­len­de spe­ler, ter­wyl ek by die S­tor­mers meest­al as ’n nr. 6-flank ge­kies is wat bal toe speel en op die af­breek­pun­te fo­kus,” sê Van Dyk.

“Die fi­sie­ke as­pek van die spel is vir my lek­ker, maar ek het die af­ge­lo­pe na­week teen die C­hee­tahs as nr. 7-flank ge­speel. Dit was ’n oop wed­stryd en ek kon met die bal hard­loop, wat ek glo my sterk­punt is.”

Van Dyk be­sef eg­ter dat sy speel­kans be­perk gaan wees, want daar is meer se­ni­or en ge­ves­tig­de los­voor­spe­lers soos Ko­li­si, Ni­zaam Carr, Sik­hum­bu­zo Nots­he en El­stadt voor hom in die tou.

Ge­ge­we die ba­lans van die los- trio wat F­leck na­streef, sal dit eg­ter nie ver­baas nie in­dien Van Dyk van­dees­week in die be­gin­span bly.

Om­dat hy 1,96 m lank is en 108 kg weeg, bied hy ’n fi­sie­ke di­men­sie wat die los­trio lek­ker slaan­krag gee.

Van Dyk se op­koms is ’n mee­val­ler vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie. Hy was nie ’n ge­sie­ne sko­le­spe­ler nie en is na die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch toe om ’n BS­cgraad in land­bou te ver­werf. Daar is hy deur die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie raak­ge­sien en ge­volg­lik in die Kaap­se u­nie se o.21- groep op­ge­neem.

Hy het vir die Ma­ties in die Var­si­ty­be­ker-reeks ge­speel, vir die WP in die Cur­rie­be­ker-reeks en ver­le­de jaar sy bui­ging vir die S­tor­mers ge­maak.

Nou is Van Dyk ’n seld­sa­me spe­sie – ’n man wat op sy rug­by kan kon­sen­treer met die we­te dat hy reeds ’n graad in die bank het in­dien hy dit nie as be­roep­spe­ler maak nie.

F­leck het waar­skyn­lik ge­noeg ge­sien om vir Van Dyk as ’n be­lang­ri­ke ska­kel te be­skou in die pyl­vak van die S­tor­mers se veld­tog.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ko­bus van Dyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.