Sa­ru ver­ga­der glo in ge­heim met Vry­staat

Beeld - - Sakenuus - O­wen Kock Ser­ge­al Pe­ter­sen ver­ruil Bloem­fon­tein vir Kaap­stad aan die ein­de van die Cur­rie­be­ker­reeks.

Die ring­kop­pe van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie het glo eer­gis­ter on­der groot ge­heim­hou­ding ’n uit­ge­rek­te ver­ga­de­ring met hul e­we­knieë van die Vry­staat­se Rug­by­u­nie in Bloem­fon­tein ge­hou.

Dit was straks om hul Su­per­rug­by-sta­tus te be­spreek.

Sa­ru gaan Vry­dag be­kend maak wat­ter Suid-A­fri­kaan­se span­ne in die slag bly wan­neer die reeks van 18 na 15 ver­klein word.

Die Vry­staat­se Rug­by­u­nie wou nie kom­men­taar le­wer oor wat op die ver­ga­de­ring be­spreek is of wie dit by­ge­woon het nie.

Wat wel be­kend is, is dat die ver­ga­de­ring eer­gis­ter­og­gend vroeg be­gin het en tot laat­mid­dag ge­duur het.

Per­so­neel is blyk­baar ook aan­ge­sê om met nie­mand oor ver­wik­ke­lin­ge by die u­nie te praat nie.

Gis­ter is wel amp­te­lik be­ves­tig dat die vleu­el Ser­ge­al Pe­ter­sen ’n kontrak met die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie ge­sluit het. Hy sal hom ná die Cur­rie­be­ker-reeks by die WP aan­sluit.

Ro­ry Dun­can, Vry­staat se di­rek­teur van rug­by, wat Pe­ter­sen aan­vank­lik na die Vry­staat ge­lok het, het dit be­ves­tig.

“Pe­ter­sen se a­gent het my in­ge­lig dat daar ’n aan­bod deur die WP aan hom ge­maak is en so­ver my ken­nis strek, het hy die aan- bod aan­vaar. Hy sal hom reeds op 1 No­vem­ber by die WP aan­sluit,” sê Dun­can.

Dun­can sê voorts hy weet dat die Ka­pe­naars ook op die S­pring­bok-flank Ou­pa Mo­ho­je se spoor is. “Die WP toon be­lang­stel­ling in Ou­pa se diens­te, maar hy is tot vol­gen­de jaar by ons ge­kon­trak­teer.”

Wat die C­hee­tahs se an­der S­pring­bok, die vleu­el Ray­mond R­hu­le, se toe­koms be­tref, het nóg R­hu­le nóg die WP met hul­le daar­oor ge­praat, sê Dun­can.

R­hu­le se kontrak ver­stryk ook ná die Cur­rie­be­ker-reeks en hy word ook met ’n skuif na die S­treep­truie ver­bind.

Die C­hee­tahs se kap­tein, Fran­cois Ven­ter, wat tot aan die ein­de van die sei­soen ge­kon­trak­teer is, wou by na­vraag niks oor sy toe­koms­plan­ne sê nie.

Hy word met ’n moont­li­ke skuif na Tou­lon in Frank­ryk ver­bind.

“Ek het ’n klou­su­le on­der­te­ken wat be­paal dat ek nie oor my kontrak mag praat nie en die Vry­staat­se Rug­by­u­nie mag ook niks daar­oor sê nie,” is al wat hy be­reid was om te sê.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.