WP­los­ska­kel sluit kontrak met S­kot­se span

Beeld - - Sakenuus - S­te­phen Nell

Die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se o.20-los­ska­kel Brandon T­hom­son ver­laat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie la­ter van­jaar om hom by die Glasgow War­ri­ors in S­kot­land aan te sluit.

T­hom­son (22) se pa is in S­kot­land ge­bo­re, wat be­te­ken dat hy on­mid­del­lik vir die S­kot­te toets­rug­by kan speel as hul­le hom wil kies.

Die WP gaan eg­ter eers wag vir Ro­bert du P­reez om van sy be­se­ring te her­stel voor­dat hy vir T­hom­son vry­stel. Dít sal waar­skyn­lik in Sep­tem­ber wees.

Gert S­mal, die WP se di­rek­teur van rug­by, sê in ’n nuus­ver­kla­ring T­hom­son het nog ’n “be­lang­ri­ke rol” om te speel voor­dat hy uit die Moe­der­stad ver­trek.

“Hier­die is vir Brandon ’n puik ge­leent­heid, so ons wens hom al­le voor­spoed toe,” sê S­mal.

“Brandon se vor­de­ring deur ons struk­tu­re wys dat ons ta­lent­vol­le spe­lers i­den­ti­fi­seer en na hul ver­mo­ëns ont­wik­kel.”

T­hom­son, wat in Er­me­lo ge­bo­re is, is in 2014 in die WP se Rug­by­in­sti­tuut in S­tel­len­bosch op­ge­neem. Hy was in die WP se o.21-span wat on­oor­won­ne was in 2015 en het die­self­de jaar vir die Jong Bok­ke ge­speel.

Ver­le­de jaar het T­hom­son sy bui­ging vir die S­tor­mers ge­maak en hy het nou se­we Su­per­rug­by-wed­stry­de op sy kerf­stok.

Paul Zacks, die WP se uit­voe­ren­de hoof, sê die be­sluit om T­hom­son van sy kontrak vry te stel is in die spe­ler se bes­te be­lang ge­neem. “Dis ’n puik ge­leent­heid vir Brandon en ons was nie van plan om in sy pad te staan nie.”

T­hom­son se kontrak met die Glasgow War­ri­ors geld vir twee jaar.

Met Je­an-Luc du P­les­sis wat nog lank op die kant­lyn gaan wees weens ’n heu­po­pe­ra­sie, is die kans goed dat T­hom­son nog ’n be­lang­ri­ke rol in die WP se Cur­rie­be­ker-veld­tog sal ver­tolk.

Fo­to: GALLO IMAGES

Brandon T­hom­son gaan la­ter van­jaar sy loop­baan in S­kot­land voort­sit, maar sal vir eers sy ver­plig­tin­ge vir die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in die Cur­rie­be­ker­reeks moet na­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.