GW skrik nie vir Leeus se Su­per­spe­lers

Beeld - - Sakenuus - – Marnus Kok

Niks ver­hin­der die Goue Leeus om hul span met Su­per­rug­by­spe­lers vir hul Su­perS­port­half­eind­stryd teen G­rie­kwas Son­dag in M­dant­sa­ne bui­te OosLon­den te laai nie.

Aan­ge­sien die Leeus nie hier­die na­week ’n Su­per­rug­by­wed­stryd speel nie, kan die Goue Leeus mak­lik be­sluit om hul span met ’n klom­pie Su­per­rug­by­staat­ma­kers te ver­sterk.

AJ Coert­zen, kap­tein van die Pou­blou­es, sê dit maak nie saak nie. “Die Goue Leeus kan so­veel Super­spe­lers kies soos hul­le wil. Ons moet wen.”

Coert­zen was ver­le­de jaar in G­rie­kwas se span wat die Goue Leeus in ’n Cur­rie­be­ker­wed­stryd met 30­24 ge­klop het. “Ons het al teen hul­le ge­wen, so ons weet dit is nie on­moont­lik nie. Hul­le het ’n baie goeie ag­ter­lyn, wat ook baie goed met hul voor­spe­lers kom­bi­neer,” sê hy.

Coert­zen moes sy span se kwarteindstryd teen die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie­Kings die af­ge­lo­pe na­week in Kim­ber­ley weens bron­gi­tis mis­loop, maar hoop om reg te wees vir die krag­me­ting.

Die Suid­A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie het be­ves­tig dat geen re­ël u­nies ver­hin­der om Su­per­rug­by­spe­lers, wat nie in die groep­wed­stry­de ge­speel het, vir die uit­speel­wed­stry­de te kies nie. Die stut Ja­c­ques van Rooy­en, flank K­wag­ga S­mith en vleu­el Ru­an Com­brinck wat Sa­ter­dag vir die Leeus teen die Sun­wol­ves uit­ge­draf het, was in die Goue Leeus se laas­te groep­wed­stryd teen die Blou Bul­le in ak­sie.

Die ha­ker Ak­ker van der Mer­we, slot Lou­rens Eras­mus, skrum­ska­kel Faf de K­lerk, sen­ter Ja­c­ques Nel en heel­ag­ter Syl­vi­an Ma­hu­za, was ook teen die Blou Bul­le in ak­sie en die af­ge­lo­pe na­week op die Leeus se plaas­ver­van­gers­bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.