Jong Ier oor­tref O’D­ris­coll, Wood

Beeld - - Sakenuus -

B­ri­an O’D­ris­coll en Keith Wood het saam 191 keer vir Ier­land uit­ge­draf en is in­ge­lyf in Wê­reld­rug­by se hel­de­saal, maar in hul roem­ry­ke loop­ba­ne kon hul­le nie ’n en­ke­le se­ge oor die All Blacks be­haal nie.

Tad­hg Fur­long (24, fo­to), die B­rit­se en Ier­se Leeus se sterk jong vas­kop­stut, het daar­teen­oor die af­ge­lo­pe agt maan­de twee se­ges in vier toet­se teen Nieu­See­land ge­smaak.

En dié Ier weet hoe ge­luk­kig hy is om met só ’n re­kord teen die drie­ma­li­ge wê­reld­kam­pi­oe­ne te kan spog. “Ek’s on­ge­loof­lik ge­se­ënd,” het Fur­long, wat die af­ge­lo­pe na­week in die Leeus se se­ge met 24­21 in Wel­ling­ton, as­ook Ier­land se ge­skied­kun­di­ge oor­win­ning oor die Ki­wi’s in C­hi­ca­go ver­le­de jaar, ge­speel het, ge­sê.

“In C­hi­ca­go het ek be­sef daar is ’n klomp ou­ens in die span wat al vyf, ses keer teen die All Blacks ge­speel en nog nooit ge­wen het nie,” het Fur­long ge­sê. – Reuters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.