Ro­ger en No­vak son­der sweet deur

Beeld - - Sakenuus - Ma­ri­zan­ne Kok

Die Ser­wi­ër No­vak D­jo­ko­vic en S­wit­ser­se guns­te­ling, Ro­ger Fe­de­rer, kon al­bei gis­ter vroe­ër gaan stort na­dat die be­se­rings­pook hul on­der­skeie teen­stan­ders op Wimbledon se gras­ba­ne ge­poot­jie het.

Die duo was in ag­ter­een­vol­gen­de wed­stry­de op die hoof­baan in ak­sie en in al­bei ge­val­le was die ak­sie bin­ne ’n stel en ’n half ver­by.

D­jo­ko­vic het eer­ste deur­ge­dring toe sy Slo­waak­se teen­stan­der, Mar­tin K­li­zan, weens ’n seer en­kel ont­trek het. Na­dat die Ser­wi­ër die eer­ste stel met 6-3 ge­wen het, het K­li­zan ge­vra vir me­die­se be­han­de­ling aan sy lin­ke­ren­kel, wat reeds swaar ver­bind was. Hy het nog vir twee pot­te vas­ge­byt, maar al­bei ver­loor en daar­na be­sluit dis nie die moei­te werd om die be­se­ring te ver­er­ger nie.

Daar­na het Fe­de­rer saam met die Rus A­lex­an­dr Dol­go­po­lov van die Oe­kra­ï­ne op die baan ge­stap om sy aan­slag op ’n agt­ste Wimbledon-ti­tel te be­gin. Soos D­jo­ko­vic het Fe­de­rer die eer­ste stel met 6-3 ge­wen. En soos K­li­zan het Dol­go­po­lov in die breuk tus­sen stel­le vir me­die­se be­han­de­ling ge­vra, in sy ge­val aan sy reg­teren­kel.

Dol­go­po­lov het ook be­sluit om aan te hou, maar ná ’n ge­suk­kel in die vol­gen­de drie pot­te die af­tog ge­blaas.

Fe­de­rer het baie sim­pa­tie ge­had met Dol­go­po­lov, wat die he­le jaar al deur be­se­rings ge­ry word.

“Ek het ge­hoop hy sou van­dag be­ter voel, maar hy het ’n moei­li­ke jaar en het al uit ’n paar wed­stry­de ont­trek,” het hy vol­gens Wimbledon se amp­te­li­ke web­tuis­te ge­sê.

Fe­de­rer, wat die he­le klei­baan­sei­soen ge­mis het, maar tien dae ge­le­de sy vier­de ti­tel van die jaar op gras ge­wen het, het ge­sê hy be­skou hom­self nie as die oor­wel­di­gen­de guns­te­ling vir glo­rie nie.

“Na­dal be­hoort goed te voel oor sy kan­se en so ook (An­dy) Mur­ray en D­jo­ko­vic. Kom ons kyk hoe ver ek kom.”

Mi­los Ra­o­nic, wat ver­le­de jaar in die Wimbledon-eind­stryd ge­speel het, se 2017-toer­nooi het ook goed be­gin. Die ses­de ge­keur­de het met tye bloed ge­sweet teen die Duit­ser Jan-Len­nard S­truff, maar nie­te­min in skoon stel­le met 7-6 (7/5), 6-2, 7-6 (7/4) ge­wen.

Ook die Frans­man Ga­el Mon­fils is deur na die twee­de ron­de, dank­sy ’n mak­li­ke oor­win­ning met 6-3, 7-5, 6-4 oor Da­niel Brands van Duits­land.

Vir die 22ste ge­keur­de Ri­chard Gasquet was die nuus nie so goed nie. Die S­pan­jaard Da­vid Fer­rer het hom met 6-3, 6-4, 5-7, 6-2 ver­slaan.

In die vroue-af­de­ling het die eer­ste ge­keur­de, An­ge­li­que Ker­ber, gis­ter haar veld­tog op ’n wen­noot teen I­ri­na Fal­co­ni van A­me­ri­ka be­gin. Die tel­ling was 6-4, 6-4.

“Sy het niks ge­had om te ver­loor nie en sy het goed ge­speel,” het Ker­ber ge­sê. “’Ek ver­kies n taai wed­stryd in die eer­ste ron­de.”

Ver­le­de jaar se Fran­se O­pe­kam­pi­oen, Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za, het die Rus E­ka­te­ri­na A­lex­andro­va met 6-2, 6-4 ge­klop en die Belg Ya­ni­na Wick­may­er was met 6-2, 7-5 baas oor Ka­te­ryna Bon­da­ren­ko.

Fo­to: REUTERS

Die eer­ste ge­keur­de An­ge­li­que Ker­ber het haar eer­ste­r­on­de­stryd by Wimbledon gis­ter in skoon stel­le ge­wen.

Way­de van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.