Way­de wil weer waar­de in 400 wys

Beeld - - Sakenuus - Wim Pre­to­ri­us TV: 19:40: 21:20: 21:40: 20 km

Die agt­ste been van die Di­a­mant­li­ga-at­le­tiek­reeks, mô­re in Lau­san­ne, be­hoort vir vuur­wer­ke te sorg met Way­de van Nie­kerk, A­ka­ni Sim­bi­ne én Su­net­te Vil­joen daar in ak­sie.

Van Nie­kerk, die wê­reld­re­kord­hou­er in die 400 m en se­dert ver­le­de week die vin­nig­ste man ooit oor 300 me­ter, sal die groot­ste trek­pleis­ter wees wan­neer hy aan die 400 deel­neem.

Dit sal Van Nie­kerk se eer­ste in­ter­na­si­o­na­le by­een­koms in dié i­tem in 2017 wees en die Suid-A­fri­ka­ner sal ’n waar­sku­wing aan sy teen­stan­ders wil uit­stuur net meer as ’n maand voor die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Lon­den be­gin.

Die Vry­sta­ter het tot dus­ver van­jaar in net twee 400-wed­lo­pe ge­hard­loop (by die Vry­staat­se kam­pi­oen­skap en die SuidA­fri­kaan­se U­ni­ver­si­teits­kam­pi­oen­skap), so­dat daar nie te veel ge­lees moet word nie in die feit dat sy bes­te tyd van 2017 (46.28 sek.) véél sta­di­ger as sy teen­stan­ders se bes­te tye is.

In al­bei wed­lo­pe het hy mak­lik ge­wen.

To­ny M­cQu­ay van A­me­ri­ka sal se­ker maak Van Nie­kerk neem mô­re se wed­loop nie lig­te­lik op nie.

Die A­me­ri­ka­ner is tans in die ses­de plek op die 2017-wê­reld­rang­lys met ’n bes­te van 44.51. Ba­bo­lo­ki T­he­be van Botswa­na, wat spog met ’n sei­soen­bes­te van 44.89, durf ook nie on­der­skat word nie.

Van Nie­kerk het eg­ter reeds hier­die sei­soen sy per­soon­li­ke bes­te tye in die 100, 200 en 300 ge­hard­loop, wat boek­de­le spreek van sy peil tans.

In die 100 m sal Jus­tin Gat­lin ’n ap­pel­tjie met Sim­bi­ne te skil hê na­dat die Suid-A­fri­ka­ner hom in die eer­ste ron­de van die Di­a­mant­li­ga-reeks in Doha ge­klop het. Dit sal net Sim­bi­ne se twee­de ver­sky­ning van die jaar in dié reeks wees, met die Suid-A­fri­ka­ner wat reeds ’n bes­te tyd van 9.92 sek. van­jaar op die stop­hor­lo­sie ge­sit het.

Die 35-ja­ri­ge Gat­lin sal mô­re ’n perd van ’n an­der kleur wees as in Doha.

Hy is se­dert­dien as A­me­ri­kaan­se kam­pi­oen ge­kroon na­dat hy met Chris­ti­an Co­le­man (wat die wê­reld se voor­ste tyd van­jaar – 9.82 – ge­hard­loop het) af­ge­re­ken het.

Vil­joen sal ook op haar stuk­ke moet wees, met vyf van die top-6 in 2016 se O­lim­pie­se spies­gooi-kom­pe­ti­sie in ak­sie.

Su­net­te Vil­joen (spies­gooi); A­ka­ni Sim­bi­ne (100 m); Way­de van Nie­kerk (400 m) – reg­streeks op SS 8.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.