Taai toets wag op Pro­tea­vroue

Beeld - - Sakenuus - Ma­ri­zan­ne Kok

Die Suid-A­fri­kaan­se vrou­e­krie­ket­span sou ver­skoon kon word as hy die laas­te paar dae op ’n wol­kie ge­sweef het na­dat hy die Wes-In­die­se Ei­lan­de Son­dag in ’n Wê­reld­be­ker­wed­stryd ver­mor­sel het. Maar sy spe­lers be­ter hul voe­te vin­nig te­rug op die aar­de kry.

Die Pro­te­as kom van­dag in B­ris­tol teen die gas­heer, En­ge­land, te staan, ’n span teen wie hul­le nog net een keer in 18 krag­me­tings kon wen. Daar­die en­ke­le se­ge was boon­op in 2003, toe ’n paar van die hui­di­ge spe­lers nog melk­tan­de ge­had het.

Die Pro­tea-kap­tein, Dané van Nie­kerk, en haar span­maats moet eg­ter k­re­diet daar­voor kry dat hul­le se­dert Son­dag nie op hul lou­e­re ge­rus het nie. Voor­dat hul­le Gra­ce Ro­ad in Lei­ces­ter, waar hul­le die Win­dies so ge­mar­tel het, ver­laat het, het hul­le eers ’n oe­fen­ses­sie in­ge­werk.

“Die laas­te ding wat ons nou wil doen, is ag­ter­oor sit in die kleed­ka­mer,” het Van Nie­kerk aan ESPN­cri­cin­fo ge­sê.

Dit is die reg­te be­na­de­ring, want die En­gel­se vroue gaan nie so mak­lik om­ge­rol word soos die Win­dies nie.

Dit is so dat Suid-A­fri­ka ’n bou­l­aan­val dui­send het. Van Nie­kerk self het Son­dag, toe hul­le die Win­dies tot 48 be­perk het, die eer­ste spe­ler tot nog toe (man­lik of vrou­lik) ge­word wat vier paal­tjies ge­neem het son­der om ’n lo­pie af te staan. Ma­ri­zan­ne Kapp, die wê­reld se nr. 1-bou­ler, het 4/14 ge­neem.

S­habnim Is­mail druk boon­op die spoed­me­ter ge­reeld tot hier by die 140 km/h.

En­ge­land het eg­ter ’n paar kol­wers wat vir nie­mand te­rug­staan nie.

He­at­her K­nig­ht het in En­ge­land se eer­ste drie wed­stry­de van die toer­nooi tel­lings van 46, 106 en 82 aan­ge­te­ken en het in Son­dag se mak­li­ke se­ge oor Sri Lan­ka saam met Sa­rah Taylor (74*) ’n reu­se­ven­noot­skap van 148 ge­bou.

Vir Suid-A­fri­ka het die aan­vangs­paar van Lau­ra Wol­vaardt en Li­zel­le Lee tot dus­ver goeie werk ver­rig, maar die span sal moet waak teen ’n mid­del­or­de-in­een­stor­ting soos dié wat hul­le am­per teen Pa­ki­stan ge­poot­jie het.

“Ons weet hoe goed En­ge­land is, met die bal én die kolf,” het Van Nie­kerk ge­sê. “Maar die span het reg­tig hard ge­werk in die net­te.

“Jy kan nie op jou lou­e­re rus nie en die be­lang­rik­ste ding is om so goed te speel as wat jy kan. Ons het daar­oor ge­praat om nie te ver voor­uit te dink nie, want ons weet daar wag nog sterk teen­stand wat ons nie mag on­der­skat nie.”

K­nig­ht, En­ge­land se kap­tein, het die heu­ning­kwas uit­ge­haal toe sy oor Suid-A­fri­ka ge­vra is.

“Ons ver­wag meer vaart van hul bou­lers as van Sri Lan­ka, want hul­le het vin­ni­ger bou­lers as die wat ons so­ver trot­seer het,” het K­nig­ht ge­sê. ) Die wed­stryd be­gin om 11:30.

Ma­ri­zan­ne Kapp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.