Sa­gan kry trek­pas uit die Tour de Fran­ce

Beeld - - Sakenuus - – Reuters, cy­cling­news.com, the­guar­di­an.com, sport­re­dak­sie.

Die Wê­reld­kam­pi­oen, Pe­ter Sa­gan van Slo­wa­kye, wat Maan­dag nog die der­de skof ge­wen het, is gis­ter uit die Tour de Fran­ce ge­dis­kwa­li­fi­seer.

Die 27-ja­ri­ge Sa­gan het Mark Ca­ven­dish met die elm­boog ge­stamp ty­dens die na­el­rit aan die ein­de van die vier­de skof, wat die B­rit teen ’n re­ling laat sloeg het. Hy is erg be­seer.

Sa­gan (Bo­ra-Han­gro­he) het die skof in die twee­de plek vol­tooi. Hy is aan­vank­lik met 30 se­kon­des be­boet, wat hom van al­ge­heel twee­de na die 115de laat te­rug­sak het. Die Tour-ju­rie het eg­ter kort ná die skof be­sluit om hom uit te skop.

Ca­ven­dish, van die Suid-A­fri­kaan­se Di­men­si­on Da­ta-span, het me­die­se be­han­de­ling ont­vang en la­ter die skof vol­tooi.

Hy is vir ’n be­se­ring aan sy sleu­tel­been en snye aan sy rug, arms en hand be­han­del.

Sa­gan het ná die tyd gaan kyk hoe dit met Ca­ven­dish gaan en hom op die rug ge­klop, ter­wyl die B­rit hom sy won­de ge­wys het. Sa­gan sê hy het Ca­ven­dish om ver­sko­ning ge­vra.

Die Fran­se kam­pi­oen Ar­naud Dé­ma­re het sy eer­ste sko­foor­win­ning nog in die Tour be­haal deur gis­ter se 207,5 km tus­sen Mon­dorf-lesBains en Vit­tel in 4 uur, 53 mi­nu­te en 54 se­kon­des te vol­tooi.

Ge­raint T­ho­mas (Te­am Sky), die dra­er van die geel­trui, het hard met die teer­pad ken­nis ge­maak, maar om­dat dié val bin­ne 3 km van die eind­punt was, het hy in­ge­vol­ge die re­ëls van dié wed­ren geen tyd in­ge­boet nie. Hy is dus steeds die al­ge­he­le voor­lo­per.

Sy span­maat en die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Chris Froome, was ook in dié on­ge­luk be­trok­ke, maar is nes T­ho­mas nie erns­tig be­seer nie. Froome is steeds in die al­ge­he­le twee­de plek – 12 se­kon­des ag­ter.

Suid-A­fri­ka se Da­ryl Im­pey (O­ri­ca) is in die 38ste plek oor die eind­streep, Rei­nardt Jan­se van Rens­burg (Di­men­si­on Da­ta) 55ste en Lou­is Meintjes (UAE E­mi­ra­tes) 79ste. Im­pey is steeds al­ge­heel 19de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.