Ons moes al aan­pas in ver­le­de, sê Ver­non

Toets op Lord’s

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die Pro­te­as is ’n aan­pas­ba­re span wat in die ver­le­de ook al ont­wrig­ting te bo­we ge­kom het.

Só het Ver­non P­hi­lan­der, er­va­re aan­vangs­bou­ler van die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­span, ge­ant­woord toe hy gis­ter uit­ge­vra is oor die af­we­sig­heid van hul kap­tein en an­der staat­ma­kers vir die eer­ste toets teen En­ge­land.

Die Pro­te­as pak En­ge­land van mô­re op Lord’s in die eer­ste van vier toet­se.

Die be­soe­kers het die af­ge­lo­pe maand ook nie waf­fers ge­vaar in hul wit­bal­wed­stry­de op toer nie en moet in die reeks weer son­der hul bes­te kol­wer, AB de Vil­liers, klaar­kom.

De­an El­gar neem boon­op waar as kap­tein om­dat Faf du P­les­sis hom van­weë die ge­boor­te van sy eer­ste­ling eers la­ter in die reeks weer by die span sal aan­sluit.

Die Pro­te­as se af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, moes ook vir ’n ruk­kie na Suid-A­fri­ka te­rug­keer na­dat sy ma in ’n mo­tor­on­ge­luk was.

In die lig van al dié ver­wik­ke­lin­ge is P­hi­lan­der op ’n nuus­kon­fe­ren­sie ge­vra of dit nie ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die span gaan hê nie.

P­hi­lan­der het eg­ter ver­dui­de­lik hul­le moes ook aan­pas toe De Vil­liers vroe­ër nie kon speel nie en het die laas­te 12 maan­de of wat goed ge­vaar son­der hom. Hul­le het trou­ens reeds vier reek­se son­der dié ster­kol­wer ge­wen.

P­hi­lan­der het, son­der om na­me te noem, daar­op ge­wys dat hul­le in die ver­le­de ook spe­lers ver­loor het en dat an­der dan sterk na vo­re ge­tree het.

“Die reeks hier bied ook nou ge­leent­he­de vir an­der spe­lers om hul stem­pel af te druk.”

Bou­lers soos Ka­gi­so Ra­ba­da en Ky­le Ab­bott het in die ver­le­de hul kan­se uit­ste­kend be­nut toe bou­lers soos Mor­né Mor­kel en Da­le S­teyn nie oor­weeg kon word nie.

Hei­no Kuhn kan sy toets­bui­ging as aan­vangs­kol­wer maak, ter­wyl T­heu­nis de Bruyn sy twee­de toets in die plek van Du P­les­sis kan speel.

P­hi­lan­der sê wat voor­af op toer ge­beur het, be­hoort nou tot die ver­le­de.

“Wat my be­tref, is dit ’n heel­te­mal nu­we for­maat en ons be­gin op 0-0 Don­der­dag.

“Die ou­ens is al­mal baie op­ge­won­de oor dié een. Dis ’n for­maat waar­in ons ui­ter­aard ook goed vaar en daar is nou ook baie nu­we e­ner­gie in die groep.

“Ons sien al­tyd daar­na uit om toets­krie­ket te speel. Om daar­be­ne­wens teen een van die voor­ste lan­de te speel, bring ook al­tyd die bes­te in ons na vo­re.

“Ons het boon­op ’n goeie ver­to­nings­lys weg van die huis en ho­pe­lik kan ons daar­op voort­bou,” sê die bou­ler. Hy is ná sy 5/30 in En­ge­land se twee­de beurt – toe Suid-A­fri­ka die toets­reeks in 2012 op Lord’s be­klink het – as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

P­hi­lan­der be­aam hy is oor­ge­haal on­danks die feit dat hy weens ’n en­kel­be­se­ring nie in die oe­fen­wed­stryd teen die En- gel­se Li­ons in ak­sie was nie. Hy het die en­kel ver­le­de maand op ’n grenstou in ’n graaf­skap­wed­stryd vir Sus­sex teen Lei­ces­ters­hi­re be­seer.

“Ek het daar in Wor­ces­ter met die oe­fen­wed­stryd een­kant ge­boul en dit voel goed die laas­te week of wat.”

Op ’n vraag of Do­min­go as brei­er moet aan­bly, sê P­hi­lan­der: “Ja, dis on­ge­luk­kig uit ons han­de as spe­lers. Russ was ’n fe­no­me­na­le deel van die span se suk­ses oor die ja­re. Dis on­ge­loof­li­ke har­de werk om ’n span tot nom­mer een in een­dag­krie­ket en nom­mer twee in toet­se te lei.”

Do­min­go het her­aan­soek ge­doen om sy pos.

Fo­to: GETTY IMAGES

Oog op die bal. Hashim Am­la maak gis­ter lit­te los op Lord’s waar die eer­ste toets tus­sen Suid­A­fri­ka en En­ge­land mô­re be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.