Vloek rus op Bul­le se los­voor­spe­lers in Su­per­reeks

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die Bul­le se 2017-sei­soen sal op­ge­te­ken word as die jaar waar­in ’n Ki­wi met ’n red­dings­plan na Lof­tus Vers­feld ont­bied moes word.

Die Su­per­rug­by-sei­soen sal ook ont­hou word vir die vloek wat rus op die los­voor­spe­lers.

Nol­lis Marais, die Bul­le se af­rig­ter, is in die ver­le­de al meer as een keer ge­vra waar­om hy so baie los­voor­spe­lers laat kon­trak­teer. Hoe­kom wil ’n u­nie drie nr. 6-flan­ke soos Roe­lof S­mit, S­haun A­den­dorff en Ru­an Steen- kamp op sy boe­ke hê as net een in die be­gin­span ge­kies kan word?

Dit is as­of Marais ge­weet het wat voor­lê toe die Bul­le hul veld­tog in die Su­per­reeks met ’n vol los­voor­spe­ler-spens be­gin het.

Vyf maan­de la­ter en vyf van die Bul­le se los­man­ne – Re­nal­do Both­ma, Ar­no Bo­tha, Ja­c­ques Pot­gie­ter, S­mit en A­den­dorff – het saam nie eens vier wed­stry­de se speel­tyd (301 mi­nu­te) op die veld ag­ter die blad nie.

S­mit het van­weë ’n bors­spier­be­se­ring nog nie van­jaar Super- rug­by ge­speel nie.

Dié be­gaaf­de bal­jag­ter het Son­dag in Kaap­stad in die Su­perS­port-uit­daag­reeks sy te­rug­keer ge­maak en het ná en­ke­le mi­nu­te ’n knie­li­ga­ment ge­skeur.

S­mit sal ’n groot ge­deel­te van die Cur­rie­be­ker­reeks mis­loop.

Bo­tha het nie veel meer ge­luk ge­had nie en het sy eer­ste Su­per­rug­by-wed­stryd van­jaar teen die Chiefs in Ha­mil­ton ge­speel na­dat hy pas van ’n skou­er- en bo­arm­spier­be­se­ring her­stel het.

Hy was 20 mi­nu­te op die veld toe ’n knie­be­se­ring sy laas­te Bul­le-hoof­stuk kort­ge­knip het.

Daar was hoë ver­wag­tin­ge vir Pot­gie­ter wat ten duur­ste na P­re­to­ria te­rug­ge­lok is. Hy was he­laas net in drie wed­stry­de in die be­gin­span voor­dat simp­to­me van har­sing­skud­ding sy te­rug­keer­sei­soen be­ëin­dig het.

Both­ma het self in net twee wed­stry­de be­gin. Dié klip­har­de Na­mi­bi­ër is vroeg in die kom­pe­ti­sie vir ’n maand ge­skors om­dat hy teen die Sun­wol­ves ’n teen­stan­der met ’n sty­we arm ge­loop het. Hy het Vry­dag­aand in Dur­ban sy lin­ker­arm teen die Haaie ge­breek.

A­den­dorff het teen die Haaie sy eer­ste Su­per­rug­by-kans ge­kry na­dat ook hy lank ge­suk­kel het met ske­te.

Han­ro Lie­ben­berg, wat die span in ’n sta­di­um in A­dri­aan S­trauss se af­we­sig­heid aan­ge­voer het, het sy en­kel teen die Hur­ri­ca­nes be­seer en sal eers la­ter die sei­soen weer op sy pos wees.

Om al­les te kroon is daar in Mei met die oud-C­hee­tah Boom Prins­loo ’n kontrak ge­sluit. Sanzaar het die Bul­le daar­na daar­op ge­wys dat geen spe­ler in ’n sei­soen vir twee ver­skil­len­de span­ne in dié kom­pe­ti­sie mag uit­draf nie (Prins­loo het vroe­ër die sei­soen vir die C­hee­tahs ge­speel).

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het ver­se­ker hy het hom nie mis­gis met dié re­ël nie en het aan­ge­dui hy gaan Sanzaar skrif­te­lik vra dat Prins­loo vir hul­le mag speel in die lig van die klomp be­se­rings. Daar­van het eg­ter niks ge­kom nie.

Die Bul­le het so­ver van­jaar nood­ge­dwon­ge agt los­trio-kom­bi­na­sies ge­had.

Nic de Ja­ger was in ne­ge wed­stry­de in die be­gin­span en het die nr. 6-, 7- en 8-trui ge­dra.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ar­no Bo­tha se laas­te sei­soen vir die Bul­le het net 20 mi­nu­te ge­duur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.