‘Ge­frus­treer­de’ Lam­bie gaan nié oor­see

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Pat Lam­bie is ui­ters ge­frus­treerd.

“Dis nou al drie jaar so dat hy op die kruk­ke­lys be­land pas wan­neer hy van ’n be­se­ring te­rug­keer,” sê Ga­ry Tei­ch­mann, die Haaie se uit­voe­ren­de hoof.

Tei­ch­man het gis­ter ge­sê hy weet niks van die ge­rug­te dat Lam­bie op die in­ko­pie­lys van die Fran­se rug­by­klub Ra­cing 92 is nie.

Daar is Son­dag be­rig dat dié klub­span glo hard vry na Lam- bie, wat op die kruk­ke­lys is na­dat hy die der­de keer in min­der as twee jaar har­sing­skud­ding op­ge­doen het.

“Ek weet niks daar­van nie. Op die oom­blik is die be­lang­rik­ste ding Pat se wel­stand,” sê Tei­ch­mann.

“Hy het on­langs twee dok­ter­son­der­soe­ke ge­had en ons wil se­ker maak hy kry die reg­te be­han­de­ling. Die dok­ters moet sê wan­neer hy weer kan speel.

“Hy is baie ge­frus­treerd. Hy wil graag weer speel, maar sy ge­sond­heid kom eer­ste.”

Lam­bie se a­gent, Craig Li­vings­to­ne, het ook die Ra­cing­ge­rug­te ont­ken.

“Pat het ’n ge­sa­ment­li­ke kontrak met die Haaie en die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie wat tot 2019 strek – hy kan dus nie el- ders gaan speel nie. Ons fo­kus nou net daar­op om hom weer op die veld te kry,” sê Li­vings­to­ne.

Tei­ch­mann het ook be­ves­tig dat die Haaie met die S­tor­mers­los­ska­kel Ro­bert du P­reez on­der­han­del het oor ’n moont­li­ke skuif na Dur­ban. Niks is eg­ter nog amp­te­lik nie.

Die Haaie het in Cur­win Bosch, Garth A­pril, In­ny Ra­de­be en Ben­hard Jan­se van Rens­burg reeds be­kwa­me jong ge­ne­raals in hul kamp.

Lam­bie het ver­le­de jaar twee keer har­sing­skud­ding op­ge­doen. ’n Har­de hou in die Bok­ke se eer­ste toets ver­le­de jaar teen Ier­land, toe CJ S­tan­der se heup Lam­bie teen die kop ge­tref het, het hom by­kans vyf maan­de langs die kant­lyn ge­hou.

In van­jaar se Su­per­rug­by­reeks het hy op 11 Maart ’n rug­be­se­ring op­ge­doen. Twee maan­de la­ter, op 13 Mei, het hy weer har­sing­skud­ding op­ge­doen toe sy span­maat R­hyno S­mith in hom vas­ge­hard­loop het ten ty­de van die Haaie se stryd teen die Kings. Se­dert­dien het hy nie weer ge­speel nie.

Fo­to: GALLO IMAGES

Pat Lam­bie ver­le­de jaar teen I­ta­lië in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.