Dié spin­ne­kop het toe báie byt

Beeld - - Front Page - El­sa­bé B­rits

’n Jo­han­nes­burg­se vrou het te­kens van ne­kro­se ge­toon na­dat ’n spin­ne­kop wat nie eint­lik as ska­de­lik ge­ag word nie haar ge­byt het.

Dié byt was “ui­ters pyn­lik” en bla­se het ont­staan.

Uit­ein­de­lik het een van die bla­se te­kens ge­toon van ne­kro­se, waar die gif die weef­sel laat dood­gaan.

Dié ge­val is die eer­ste be­skry­wing in die we­ten­skap van ’n kleindwaal­spin­ne­kop ( P­hi­lo­dro­mus) wat ie­mand ge­byt het, lui ’n ar­ti­kel in die South A­fri­can Me­di­cal Jour­nal deur prof. Mau­r­een Coet­zee, di­rek­teur van die na­vor­sings­in­sti­tuut vir ma­la­ria aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand, en prof. An­sie Dip­pe­naar-S­choe­man, spin­ne­kop­ken­ner aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria.

Die 25-ja­ri­ge vrou sê die byt het soos ’n e­lek­trie­se skok ge­voel.

Die spin­ne­kop is ge­vang en kon ge­ï­den­ti­fi­seer word.

Coet­zee sê die spin­ne­kop se lyf was so­wat 10 mm lank, die po­te uit­ge­sluit.

So­wat 40 uur la­ter was die byt­plek­ke nog sig­baar en bla­se het ver­skyn.

Na­ge­noeg 68 uur la­ter kon die ne­kro­se ge­keer word en 112 uur la­ter het die groot­ste blaas be­gin her­stel, maar die byt­mer­ke was nog sig­baar.

Die spin­ne­kop is si­to­tok­sies, wat be­te­ken die gif val die sel­le om die byt­plek aan, sê Coet­zee.

“Dit vorm let­sels van ge­rin­ge tot baie er­ge ne­kro­se op die vel. In dié ge­val was dit min.”

Sy sê plaas­li­ke spin­ne­kop­pe se byt ver­oor­saak sel­de erns­ti­ge ska­de.

Dié spin­ne­kop­pe vang hul prooi met hul po­te.

Hul­le is be­son­der vin­nig en wis­sel van wit tot vaal­grys en grys­bruin. Hul­le kan van 3 mm tot 16 mm lank wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.