JZ is ag­ter, maar is nog nie oor­win, sê ken­ner

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt L­le­wel­lyn P­rin­ce

en

P­res. Ja­cob Zu­ma en sy fak­sie in die ANC is dalk ag­ter in die stryd om dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, hul voor­keur­kan­di­daat, in De­sem­ber tot vol­gen­de ANC-pre­si­dent ver­kies te kry, maar die stryd is nog ver van ge­won­ne.

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa, Dla­mi­ni-Zu­ma se ver­naam­ste teen­stan­der, moet daar­om nog nie sy oog van die bal haal nie om­dat Zu­ma ’n uit­ge­sla­pe po­li­tie­ke veg­ter is wat nog baie tou­tjies in die vol­gen­de vyf maan­de van die ANC se lei­er­stryd kan trek.

Po­li­tie­ke ont­le­ders het gis­ter so ge­sê kort na­dat Zu­ma die ANC se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie by Nas­rec, Jo­han­nes­burg, af­ge­sluit het op ’n ma­nier wat dit dui­de­lik ge­stel het dat hy nie meer die oor­hand in die re­ge­ren­de par­ty het nie.

Dit kom na­dat tal­le van die ra­di­ka­le re­to­riek wat die Zu­ma-groep die laas­te ruk ge­bruik en wat ook deel van Dla­mi­ni-Zu­ma se ver­kie­sings­veld­tog ge­word het, deur af­ge­vaar­dig­des ver­werp en deur meer ge­ma­tig­de be­leids­voor­stel­le, waar­van Ra­map­ho­sa ’n voor­stan­der is, ver­vang is.

ANC-tak­ke moet dié voor­stel­le in aan­loop tot De­sem­ber ver­fyn en dit op De­sem­ber se na­si­o­na­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie aan­bied om as be­leid oor­weeg te word.

Jus­ti­ce Ma­la­la, po­li­tie­ke kom­men­ta­tor, het gis­ter­aand in re­ak­sie op Zu­ma se slot­re­de ge­sê: “Die kon­fe­ren­sie het nie veel op­ge­le­wer nie. Ons het ses dae hier ge­sit net om te sien hoe die bal met die oog op die De­sem­ber-kon­fe­ren­sie kant­lyn toe ge­skop word.”

Ma­la­la sê Zu­ma se voor­stel oor twee ad­junk­pre­si­den­te klink nie soos dié van ie­mand wat aan die wen­kant is nie.

Dit kom na­dat Zu­ma in sy af­slui­ting ge­sê het ANC-tak­ke moet oor­weeg om die ANC se grond­wet te ver­an­der om te ver­se­ker dat die pre­si­dents­kan­di­daat wat in De­sem­ber ver­loor nie vir die par­ty ver­lo­re moet gaan nie en eer­der as een van twee ad­junk­pre­si­den­te aan­ge­stel moet word.

Ma­la­la glo wel Zu­ma pro­beer met sy voor­stel net se­ker maak dat hy in die toe­koms ie­mand in die ka­bi­net en die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee van die ANC sal hê wat na sy be­lan­ge kan om­sien.

Ma­la­la sê Ra­map­ho­sa moe­nie nou sy oog van die bal haal nie.

“Zu­ma is ag­ter, maar hy is nog nie oor­win nie,” sê Ma­la­la.

Prof. Su­san Booy­sen, po­li­tie­ke ont­le­der aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand, sê Zu­ma se be­roep op een­heid is “niks an­ders nie as een­heid vir eie ge­win” en “een­heid met by­be­doe­lings”.

Zu­ma het ge­vra om ’n ein­de aan fak­sies.

Booy­sen sê Zu­ma het in 2007 juis fak­sies ge­bruik om hom­self ver­kies te kry.

Sy ter­myn is nou klaar en daar­om is dit vei­lig vir hom om te sê fak­sies ver­deel die par­ty.

G­we­de Man­tas­he, die ANC se se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, be­na­druk dit dat Zu­ma se voor­stel­le nie ’n be­sluit van die kon­fe­ren­sie is nie, “maar bloot ’n i­dee”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.