Fak­sies móét wyk uit ANC, sê Zu­ma

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ANC moet eens en vir al­tyd ont­slae raak van fak­sies wat die par­ty kan ver­nie­tig.

P­res. Ja­cob Zu­ma het gis­ter vir een­heid in die ANC ge­pleit toe hy die par­ty se na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie in Nas­rec, Jo­han­nes­burg, af­ge­sluit het.

Zu­ma het self voor­ge­stel dat die erg ver­deel­de par­ty se grond­wet ge­wy­sig word om “’n ma­nier te vind om fak­sies te ver­nie­tig”.

Fak­sies het so diep in die ANC ge­wor­tel ge­raak dat “ons by­na ’n si­tu­a­sie het waar dit lyk of twee or­ga­ni­sa­sies in een be­staan”.

“Dit kan nie so wees nie. As die ver­kie­sings ver­by is, word daar vir die vol­gen­de vyf jaar ’n stil­le oor­log ge­voer deur die ver­skil­len­de fak­sies wat die ANC dan de­sta­bi­li­seer.

“Ons be­no­dig ’n ver­e­nig­de en sta­bie­le ANC.

“Soek ons ’n ge­de­sta­bi­li­seer­de ANC wat al­e­wig met me­kaar ba­klei?

“Ons kan nie ’n si­tu­a­sie hê waar ka­me­ra­de me­kaar haat nie,” het hy ge­sê.

Vol­gens Zu­ma moet die ANC-tak­ke daar­om die voor­stel­le – soos dat die par­ty twee ad­junk­pre­si­den­te moet hê so­dat die on­suk­ses­vol­le pre­si­dents­kan­di­daat ook ge­ak­kom­mo­deer kan word – erns­tig gaan oor­weeg en be­sluit of die par­ty se be­leid oor lei­ers­ver­kie­sings ver­an­der moet word.

“Ons moet ’n op­los­sing vir die fak­sies vind,” het Zu­ma ge­sê.

Die ANC sal in De­sem­ber sy nu­we pre­si­dent kies.

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma is tans die guns­te­lin­ge om Zu­ma in De­sem­ber op te volg.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Win­nie Ma­di­ki­ze­laMan­de­la om­hels p­res. Ja­cob Zu­ma gis­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.