Nog min­stens 2 jaar ag­ter tra­lies

Beeld - - Nuus -

Os­car Pis­to­ri­us, wat van­dag pre­sies ’n jaar in aan­hou­ding is, moet nog twee jaar tronk­straf uit­dien voor­dat hy vir pa­rool in aan­mer­king kan kom.

Vol­gens die DKD moet mis­da­di­gers wat ná 1 Ok­to­ber 2004 ge­von­nis is ’n se­ke­re mi­ni­mum tyd in die tronk deur­bring voor­dat hul­le vir pa­rool oor­weeg kan word. In die ge­val van vas­ge­stel­de von­nis­se, soos die ses jaar tronk­straf wat ver­le­de jaar aan hom op­ge­lê is, moet die helf­te daar­van uit­ge­dien word. Hy moet dus drie jaar van sy von­nis uit­dien voor­dat hy vir pa­rool in aan­mer­king kom.

Dr. L­le­wel­lyn Cur­le­wis, straf­reg­ken­ner, sê pa­rool is wel nie ’n ou­to­ma­tie­se reg of ’n ge­ge­we nie.

Die pa­rool­raad be­hoort te weet, of in ken­nis ge­stel te word, van die staat se han­gen­de ap­pèl teen Pis­to­ri­us se von­nis.

Die staat meen sy von­nis van ses jaar tronk­straf is te lig en dat hy heel­wat lan­ger in die tronk moet sit.

Die staat doen by die ap­pèl­hof aan­soek om teen die von­nis te mag ap­pel­leer.

Cur­le­wis sê as drie jaar tronk­straf ver­by is voor­dat die ap­pèl­hof uit­spraak ge­le­wer het, kan die pa­rool­raad een van twee din­ge doen.

Eer­stens kan Pis­to­ri­us se pa­rool­aan­soek uit­ge­stel word en daar kan ge­wag word tot­dat die hof sy be­slis­sing maak.

Of die pa­rool­raad kan ’n ver­hoor hou, pa­rool toe­staan en hom vry­laat. As die hof daar­na be­sluit hy moet lan­ger tronk­straf uit­dien, sal dit prak­tie­se pro­ble­me ver­oor­saak, want dan moet hy weer, soos in die ver­le­de, vir tronk­straf aan­meld.

Cur­le­wis sê die saak is u­niek, want die kwes­sie oor Pis­to­ri­us se von­nis moes lank­al uit­ge­klaar ge­wees het.

Sin­ga­bak­ho Nxu­ma­lo van die DKD het be­ves­tig as hy wel pa­rool kry en die hof eers la­ter uit­spraak le­wer en sy tronk­straf ver­leng, “moet hy te­rug­kom om die res van sy von­nis uit te dien”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.