Boer veg om le­we

Ro­wers vlug son­der om e­nig­iets te steel

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

D­ries “Blou­bul” Bo­tha, ’n be­ken­de boer na­by B­rits, veg om sy le­we na­dat plaas­aan­val­lers hom Dins­dag­aand vyf keer raak ge­skiet het.

Bo­tha se vrou, D­rie­ka (53), het ten ty­de van die skie­te­ry net ná 20:00 haar­self in die plaas­huis se bad­ka­mer toe­ge­sluit en te­le­fo­nies hulp van boe­re in die om­ge­wing ont­bied.

“Sy was so ge­skok dat sy ge­suk­kel het om te bel. My ma het ook ge­hoor hoe my pa skree hul­le skiet hom,” sê die Bothas se dog­ter, Ma­rié.

D­rie­ka is on­ge­deerd, maar erg ge­trau­ma­ti­seer en e­mo­si­o­neel.

D­ries (58) het vroe­ër die be- ken­de Blou­bul Pad­stal na­by sy plaas, K­lip­kop, so­wat 20 km bui­te B­rits, ge­had.

Hy is kort ná die aan­val in die Me­di­cli­nic B­rits ge­o­pe­reer om on­der meer sy erg be­seer­de pan­kre­as te her­stel.

Ma­rié het gis­ter­mid­dag laat ge­sê haar pa se toe­stand is baie erns­tig, maar sta­biel. Hy is in die waak­een­heid on­der ver­do­wing en aan ’n a­sem­ha­lings­ma­sjien ge­kop­pel. Die koe­ëls het hom in die bo­lyf, skou­er en arm ge­tref. Een van die koe­ëls het ook sy reg­ter­arm ge­breek.

“Ons kan nou net wag en sy lig­gaam kans gee om te rus en te her­stel. Die dok­ters is te­vre­de die o­pe­ra­sie het goed af­ge­loop, maar my pa se in­ge­wan- de is ver­niel. Hul­le sal eers la­ter sy arm kan o­pe­reer.”

Vol­gens Ma­rié het haar pa Dins­dag­aand uit die huis ge­gaan om die a­larm by ’n stoor waar­in ska­pe ge­slaap het te gaan aan­sit.

Die ses aan­val­lers het hom bui­te die huis in­ge­wag.

Ma­rié sê die a­larm het af­ge­gaan, maar dis nie se­ker of die ro­wers be­gin skiet het voor­dat of na­dat die a­larm af­ge­gaan het nie.

“My pa het te­rug­ba­klei vir sy le­we. Die ro­wers het weg­ge- hard­loop son­der om e­nig­iets te steel. Dis as­of hul­le ge­kom het om hom dood te maak.”

Boe­re van die om­ge­wing het op die plaas be­gin op­daag kort na­dat D­rie­ka hulp ont­bied en die bood­skap soos ’n veld­brand op ra­di­o­groe­pe ver­sprei het.

“Een van my kli­ën­te het my ge­bel en ge­sê D­ries Blou­bul is ge­skiet. My pa se laas­te woor­de aan ons in die hos­pi­taal was dat hy koud kry,” sê Ma­rié.

Die aan­val op die Bothas is die ses­de in min­der as drie maan­de in Noord­wes. Vier boe­re, El­sa Eras­mus, Pa­trick I­tu­me­leng, B.C. G­rey­ling en Han­no S­teyn, is al­mal in dié aan­val­le dood­ge­skiet. D­ries, Mar­let­te G­rey­ling en Blackie van den Berg is ge­skiet of erg aan­ge­rand in die aan­val­le.

Ao. M­pei­le T­ha­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in B­rits, sê die po­li­sie on­der­soek ’n saak van po­ging tot moord. Teen druk­tyd is nie­mand nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Fo­to: FACEBOOK

D­ries en D­rie­ka Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.