Sloop ge­bou, eis mi­nis­ter ná brand 7 eis

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

’n Ramp soos die brand wat gis­ter die le­we van min­stens se­we men­se in die ge­kaap­te Ca­pe York-ge­bou in Jo­han­nes­burg ge­ëis het, kan nóóit weer toe­ge­laat word nie.

Dít was gis­ter die kon­sen­sus tus­sen Her­man Mas­ha­ba, Jo­han­nes­burg se uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter, en Mi­cha­el Sun, Jo­han­nes­burg­se bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir o­pen­ba­re vei­lig­heid.

“Die pro­bleem van ge­kaap­te ge­boue bly ’n hoof­pyn vir Jo­han­nes­burg en an­der me­tro’s. Ons is tans be­sig om min­stens 85 an­der ge­boue te tei­ken wat moont­lik on­vei­lig is,” sê Mas­ha­ba.

Die bur­ge­mees­ter wys daar­op dat hy min­der as twee maan­de ge­le­de ge­help het om dié ge­bou deur te soek vir Kit­so Mo­thi­be (13), wat ver­mis was.

Na­dat die brand gis­ter uit­ge­breek het, het som­mi­ge in­wo­ners la­kens aan me­kaar vas­ge­bind om van die boon­ste ver- die­pings op die grond te kom. Een het hom dood­ge­val toe hy ge­spring het.

Na­na Ra­de­be, woord­voer­der van die Jo­han­nes­burg­se nood­diens­te, het gis­ter­aand be­ves­tig dat die do­de­tal se­we is en dat nog se­we men­se ’n ver­skei­den­heid van be­se­rings op­ge­doen het.

Sy kon nie da­de­lik ge­rug­te be­ves­tig dat die brand deur ’n krag­op­wek­ker ver­oor­saak is nie.

Die Jo­han­nes­burg­se nood­diens­te het ses brand­weer­wa­ens en 34 brand­weer­man­ne na die to­neel ge­stuur.

Mas­ha­ba sê: “Die tra­ge­die moes nooit ge­beur het nie en ons bid dat so iets nooit weer sal ge­beur nie, maar die ho­we en an­der rol­spe­lers moet be­trok­ke raak.”

Vol­gens Mas­ha­ba het Jo­han­nes­burg ’n be­hui­sings­ag­ter­stand van so­wat 300 000 een­he­de, maar kan die stad jaar­liks net so­wat 3 500 woon­een­he­de le­wer.

“Ek ver­staan men­se se ra­de­loos­heid, maar die feit is dat baie van hier­die ge­boue bloot nie ge­skik is vir mens­li­ke be­wo­ning nie en die in­wo­ners se le­we in ge­vaar kan stel.”

Vol­gens Mas­ha­ba word die pro­bleem ver­er­ger deur ge­bou­ei­e­naars wat ruim­te ver­huur son­der om die no­di­ge in­stand­hou­dings­werk te doen.

“Ons het al baie on­der skoot ge­kom wan­neer ons men­se wat sul­ke ge­boue on­wet­tig be- set vir hul eie vei­lig­heid pro­beer ver­wy­der, maar hier­die voor­val wys dui­de­lik dat die ge­reg moet se­ë­vier – on­ge­ag of dit on­wet­ti­ge im­mi­gran­te of Suid-A­fri­kaan­se bur­gers be­trek.”

Mas­ha­ba sê die stads­raad is nie “har­te­loos” nie en die pro­bleem moet drin­gend aan­dag kry.

Daar was teen son­on­der nog on­dui­de­lik­heid waar die men­se wat die ge­bou ont­ruim het, ge­huis­ves gaan word.

Na ra­ming is tus­sen 400 en 500 men­se dak­loos weens die brand. Le­de van Jo­han­nes­burg se ramp­be­stuurs­af­de­ling was gis­ter­aand nog op die to­neel om te pro­beer be­paal hoe­veel men­se an­der bly­plek be­no­dig.

Sun sê hy het op sy vo­ri­ge be­soek aan die ge­bou op­ge­merk dat ver­skeie krag­op­wek­kers ag­ter slot en gren­del is om dit teen dief­stal te be­skerm. Dit maak dit moei­li­ker om in ’n nood­ge­val te re­a­geer.

“Hier­die ge­boue is baie ge­vaar­lik, toe­stan­de is dik­wels on­hi­gi­ë­nies en ons kan nie toe­laat dat men­se in sul­ke om­stan­dig­he­de woon nie.”

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, eis in ’n ver­kla­ring dat die ge­bou ge­sloop word.

“Mis­da­di­gers om­skep hier­die on­vei­li­ge ou ge­boue in mis­daad­he­me­le om dwelms te ver­koop, te ver­krag, te moor en al­ler­han­de on­wet­ti­ge ak­ti­wi­tei­te aan te vang.”

Fo­to: WIKUS DE WET

’n Seun stap ver­by die Ca­pe York­ge­bou in die Jo­han­nes­burg­se mid­de­stad wat gis­ter deur ’n brand ver­woes is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.