‘Ont­klee­dan­sers­fo­to’s is nie eg’

KORTLIKS

Beeld - - Nuus -

Fo­to’s van ont­klee­dan­sers in swart kor­set­te wat ge­van­ge­nes in die Jo­han­nes­burg Me­di­um B-ge­van­ge­nis ver­maak, is di­gi­taal ge­ma­ni­pu­leer, sê die Ver­e­ni­ging van Staats­amp­te­na­re (PSA).

Die PSA, wat die mees­te van die 13 be­amp­tes van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te (DKD) ver­teen­woor­dig wat oor dié fo­to’s in die pe­kel be­land het, be­weer hul­le is in be­sit van die oor­spronk­li­ke fo­to’s.

Vol­gens hul­le wys hier­die fo­to’s die vroue was in ge­skik­te dans­drag ge­klee en nie “half­naak” nie.

“In­di­vi­due op so­si­a­le me­dia ma­ni­pu­leer dik­wels on­skul­di­ge ak­ti­wi­tei­te om hul eie a­gen­das te pas en so­doen­de on­skul­di­ge men­se seer te maak,” sê die PSA in ’n ver­kla­ring.

Die DKD het die be­trok­ke be­amp­tes op 16 Ju­nie ge­skors na­dat die fo­to’s op so­si­a­le me­dia ver­sprei is. Die PSA kon eg­ter nie be­reik word om die “oor­spronk­li­ke fo­to’s” te be­kom nie.

Hul­le het ge­sê dit is ’n jam­mer­te dat ’n “on­skul­di­ge” Jeug­dag­vie­ring op so­si­a­le me­dia as iets le­lik uit­ge­beeld is. Vol­gens die PSA word Jeug­dag jaar­liks met ver­skeie pro­gram­me by kor­rek­tie­we in­stel­lings ge­vier.

Vol­gens die PSA is van­jaar se pro­gram aan die a­re­a­kom­mis­sa­ris voor­ge­lê en het dit die de­par­te­ment se goed­keu­ring weg­ge­dra.

“Daar was geen af­wy­king van die pro­gram nie,” sê die PSA.

Vol­gens Mo­ni­ca Ven­ter van die PSA is die be­trok­ke be­amp­tes sum­mier ge­skors son­der dat die fei­te van die saak be­hoor­lik on­der­soek is en be­staan daar geen gron­de vir die aan­ty­gings teen hul­le nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.