Po­li­sie gee nie wa­pens nou te­rug

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die po­li­sie sê vuur­wa­pens in sy be­sit waar­van die li­sen­sies ver­val het, sal nie nou aan die ei­e­naars oor­han­dig word nie.

Reg­ter Ro­nel Tol­may het Dins­dag in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­slis die li­sen­sies van al­le vuur­wa­pens waar­van die li­sen­sies her­nu moet of moes word in­ge­vol­ge art. 24 van die Vuur­wa­pen­be­heer­wet, sal gel­dig bly tot­dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof die fi­na­le sê daar­oor het.

B­rig. Vishnu Nai­doo, po­li­sie­woord­voer­der, sê in ’n ver­kla­ring die po­li­sie­diens be­stu­deer die ver­kla­ring. Die po­li­sie het 15 hof­dae om te re­a­geer op die hof­uit­spraak.

Al­le vuur­wa­pens waar­van die li­sen­sies ver­val het en aan die po­li­sie oor­han­dig is, sal vir eers in die po­li­sie se be­sit bly.

Sul­ke wa­pens sal nie ver­nie­tig word nie en die ei­e­naars sal ook nie ver­volg word nie.

Die Pro­fes­si­o­ne­le Jag­ters­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (P­ha­sa) het die Suid-A­fri­kaan­se Jag­ters- en Wild­be­wa­rings­ver­e­ni­ging (SAJWV) ge­luk­ge­wens met dié or­ga­ni­sa­sie se oor­win­ning in die hof.

Die SAJWV het Dins­dag die hof­aan­soek in­ge­dien dat vuur­wa­pen­li­sen­sies wat reeds in­ge­vol­ge die Vuur­wa­pen­be­heer­wet ver­val het, gel­dig bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.