LP’s vra vrae oor in­braak by Val­ke

Beeld - - Nuus - – News24

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie in die par­le­ment gaan die waar­ne­men­de hoof van die Val­ke in­roep om te kom ver­dui­de­lik hoe in­bre­kers dit reg­ge­kry het om re­ke­naars uit die Val­ke se hoof­kwar­tier in Sil­ver­ton, P­re­to­ria, te steel.

Die Val­ke het die in­braak gis­ter­og­gend be­ves­tig, maar ge­sê geen saak­dos­sie­re is blyk­baar ge­steel nie en daar was geen sig­ba­re te­kens van ’n in­braak nie.

B­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, het ge­sê die e­nig­ste ma­nier om toe­gang tot die per­seel te kry, is met ’n toe­gangs­kaart. “Ons sal na die vei­lig­heid­stel­sel kyk om se­ker te maak daar is geen ge­bre­ke nie en in­dien wel, sal ons moet op­tree.”

’n Taak­span is aan­ge­stel om die in­braak te on­der­soek.

Mu­lau­d­zi het ge­sê dit het waar­skyn­lik al Dins­dag plaas­ge­vind.

Die in­bre­kers het groot­liks op re­ke­naars van die af­de­lings men­se­hulp­bron­ne, fi­nan­sies en lo­gis­tiek ge­fo­kus. Daar is ver­trou­li­ke in­lig­ting op dié re­ke­naars.

“Ons pro­beer steeds vas­stel of e­ni­ge do­ku­men­te ver­mis word. Dit sal slegs be­ves­tig word wan­neer al­le fo­ren­sie­se werk en vin­ger­af­druk­ke vol­tooi is,” het Mu­lau­d­zi ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.