‘Kar­di­o­loog’ son­der ma­triek tronk toe

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Vrou van Kru­gers­dorp wat nie eens ma­triek vol­tooi het nie, maar vir ’n pos as kar­di­o­loog by die Po­lo­kwa­ne Pro­vin­si­a­le Hos­pi­taal aan­soek ge­doen het, is nou ag­ter tra­lies.

Ma­ri­ah Le­bo Mok­go­bu (20) is ver­le­de Vry­dag in die streek­hof in Po­lo­kwa­ne tot drie jaar tronk­straf weens be­drog ge­von­nis.

Kapt. Ma­tim­ba Ma­lu­le­ke, woord­voer­der van die Val­ke in Lim­po­po, sê die Val­ke het haar in Ju­nie 2016 by die de­par­te­ment van ge­sond­heid se kan­to­re in Po­lo­kwa­ne in heg­te­nis ge­neem. Mok­go­bu het aan­soek ge­doen om ’n pos as kar­di­o­loog in die Po­lo­kwa­ne Pro­vin­si­a­le Hos­pi­taal.

Ma­lu­le­ke sê amp­te­na­re in die de­par­te­ment van ge­sond­heid het on­raad ver­moed toe hul­le Mo-kgo­bu se do­ku­men­te met haar “kwa­li­fi­ka­sies” na­ge­gaan het. Daar is ge­vind dat sy ’n ver­vals­te ser­ti­fi­kaat van ’n me­die­se in­stel­ling in A­me­ri­ka in­ge­dien het. Hul­le het boon­op vas­ge­stel dat sy nie eens gr. 12 vol­tooi het nie. Sy het voor die slen­ter in Mo­ko­pa­ne (Pot­gie­ters­rus) ge­woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.