Wan­neer wolf se na­saat haar in­bur­ger

Beeld - - Nuus -

’NMens het mos vi­si­oe­ne van wat jy al­les gaan aan­pak die dag as die kui­kens on­der jou vlerk uit is, van de­ka­dent wees en sa­la­mi koop waar­van jy so­waar self ’n sny­tjie gaan kry tot om maan­de aan­een in ’n dor­pie soos Vi­lar de Fi­gos in Por­tu­gal te gaan bly.

(Nee, ek weet nie wat in dié piep­klein plek­kie is nie, maar e­ni­ge be­stem­ming waar­van die at­trak­sies, as daar is, nog nie in En­gels op e­ni­ge web­werf ver­taal is nie, klink tops.)

Jy bou lug­kas­te­le van hoe jy gaan kom en gaan soos jy wil, ont­daan van roe­ti­ne en die ver­ant­woor­de­lik­heid om te sorg vir die on­mid­del­li­ke be­hoef­tes van af­hank­li­kes. En dan kry jy ’n hond.

Nee, stry jy hoog en laag, dis nie om die le­ë­nes-sin­droom te tem­per nie en maak dit eer­der a­ka­de­mies af teen die on­we­ten­skap­li­ke en on­wil­le­keu­ri­ge ver­hou­ding tus­sen ver­soe­king en weer­stand. En wie is jy, in­der­daad le­wens­lank ’n die­naar van ei­e­sin­ni­ge en af­sy­di­ge kat­te, om so op­stêrs te wees om ’n ge­skie­de­nis van mil­len­nia tus­sen die mens en Ca­nis lu­pus fa­mi­li­a­ris om­ver te werp?

So bur­ger die vier­voe­ti­ge af­stam­me­ling van die wolf haar in. Soos met kin­ders is die ver­skuil­de kos­te veel meer as wat jy in die oom­blik van in­stem­ming en lig­te waan­sin ge­dag het. Tog is daar vre­de in jou ge­moed wan­neer jy ten duur­ste be­taal vir ’n bal wat g’n brak skyn­baar kan op­kou nie (dit werk nie) of met die splin­ter­nu­we stof­sui­er van die hon­de­ha­re op die on­moont­lik­ste plek­ke en op jou bed ont­slae raak.

Jy’s lek­ker skyn­hei­lig oor dié ding van die hond op die bed. A nee a, on­der­rig jy die kui­e­ren­de kin­ders met al jou vars wys­heid oor hond­dis­si­pli­ne, dit word nie ge­duld nie. Net om ’n dag la­ter te sien daar is ’n skat­ti­ge fo­to van kind en hond op een kop­kus­sing op In­sta­gram of ie­wers. As jy kap­sie maak, druk hul­le baie gou jou eie sel­foon­kie­kies as be­wys on­der jou neus.

“Sien? Uit­ge­vang. En Ma, daar is baie meer fo­to’s van die hond as van ons. Ek sê maar net . . .” met so ’n ver­won­de kyk in die oë.

Wel, pro­beer jy jou­self ver­de­dig, jul­le is nie meer daag­liks hier nie. Daar­by loop lê jul­le nie so ou­lik in poe­le mod­de­ri­ge wa­ter dat net jul snoe­te uit­steek nie en gooi jul­le nie so uit­ge­la­te met ’n den­ne­bol tus­sen die tan­de es­se deur die plan­ta­sie nie.

Jy trap fyn met dié ver­weer, want jy wil ook nie dat die kin­ders ag­ter­kom jy ge­bruik soms ver­klein­woor­de, som­mer heel­wat daar­van, wan­neer jy met die hond praat nie. “Ou snuf­fel­tjie, kar­nuf­fel­tjie, woe­fie-pa­troon­tjie,” koer jy ter­wyl jy sag­te vlei­sies tus­sen die hon­de­pil­le­tjies in­roer, en dink diep ont­roerd dat die ou din­ge­tjie klan­ke van 35 000 vi­bra­sies per se­kon­de kan hoor en klaar­blyk­lik 220 mil­joen reuk­re­sep­tors het teen die mens se 5 mil­joen.

K­wit, sê jy vir dog­ters, die wê­reld en die huis is ’n be­ter plek met ’n hond. Ont­hou ook, als op dié werf is reg­ge­maak be­hal­we jul­le twee. Ek sê maar net.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.