Tyd vir kun­di­ge vlie­ë­niers in die SAL se stuur­ka­juit

Beeld - - Nuus -

Dis nie een­vou­dig om ’n vloot vlieg­tuie aan die gang te hou en pas­sa­siers vei­lig by hul be­stem­mings uit te bring nie. Maar vat die­self­de lug­diens en meng van bo af in in be­stuurs­be­slui­te of stel on­kun­di­ge lei­ers aan met duis­te­re mo­tie­we, dan kry jy die ge­mors waar­in die land se lug­diens hom tans be­vind.

Toe­ge­gee, die SAL ly steeds on­der die er­fe­nis van on­der meer die ramp­spoe­di­ge aan­stel­ling in die laat 1990’s van die A­me­ri­ka­ner Co­le­man Andrews (wat met ’n goue hand­druk van mil­joe­ne ran­de weg­ge­loop het).

Se­dert­dien moes be­las­ting­be­ta­lers al meer as R13 mil­jard op­dok vir die ANC-re­ge­ring se ob­ses­sie met ’n na­si­o­na­le lug­diens as “stra­te­gie­se ba­te”.

Pas weer het die na­si­o­na­le te­sou­rie ’n nood­klou­su­le in die Wet op die Be­stuur van O­pen­ba­re Fi­nan­sies be­nut om R2,2 mil­jard uit die staats­kas te neem om die SAL se skuld vir hom te be­taal.

Vo­ri­ge mi­nis­ters van fi­nan­sies het al tal­le ke­re die streep in die sand ge­trek en ge­sê die staat gaan nie weer red­dings­boeie na die SAL gooi nie.

Boon­op waar­sku kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe lank reeds die swak geld­sa­ke van staats­on­der­ne­mings ver­hoog die ri­si­ko vir Suid-A­fri­ka se skuld­gra­de­ring.

Die na­si­o­na­le te­sou­rie het ’n vreem­de reg­ver­di­ging vir die jong­ste red­dings­boei: Hy moes die geld uit die staats­kas vat om die SAL-skuld te be­taal, want an­ders moes die SAL van sy staats­waar­borg ge­bruik maak, wat sou be­te­ken het dat daar . . . wel, geld uit die staats­kas vloei.

Dis nie be­kend wat­ter voor­waar­des die te­sou­rie aan die jong­ste red­dings­boei ge­kop­pel het nie. As dit die aan­stel van ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof is, is dit maar ’n so-so-voor­waar­de, want dit het nou nog nie ge­beur nie na­dat ’n soort­ge­ly­ke voor­waar­de ver­le­de jaar ge­stel is vir die waar­borg van R4,7 mil­jard wat toe aan die SAL ge­gee is.

Kort­om, Suid-A­fri­ka het nie ’n na­si­o­na­le staats­be­heer­de lug­diens no­dig nie. Ve­ral nie een waar­voor be­las­ting­be­ta­lers ge­melk word om dit aan die le­we te hou nie.

Maar as die re­ge­ring vol­hard met ’n na­si­o­na­le lug­diens, is dit tyd dat die SAL ie­mand met be­we­se lug­diens­er­va­ring aan die stuur kry. En na­tuur­lik dat daar nie ge­du­rig van po­li­tie­ke hoog­tes af in­ge­meng word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.