Na­vol­gers maak God nie ver­keerd

Beeld - - Nuus - A­drio K­ö­nig, Lyt­tel­ton

Reg­ter Jo­hann van der West­hui­zen vra of ge­loof en waan­sin nie die­self­de is nie (01.07). En hy gee baie be­son­der­he­de van ge­loof. Of is dit eer­der oor ge­loofs­af­wy­kings, selfs ge­loofs­uit­was­se? Maar kyk hy nie net van een kant af na die saak nie?

As reg­ter is hy tog be­kend daar­voor dat hy ’n saak van al­le kan­te af be­kyk. Gooi hy nie die ba­ba saam met die bad­wa­ter uit nie?

Kan ons reg­tig die gods­diens een­sy­dig aan sy aan­han­gers be­oor­deel, of er­ger nog, aan die af­wy­kings on­der sy aan­han­gers, en nie aan sy Stig­ter nie? As ’n mens klaar ge­sê het hoe waan­sin­nig som­mi­ge Chris­te­ne is, en van der West­hui­zen is heel­te­mal reg, kan ’n mens na Chris­tus self be­gin kyk.

Wie het ra­di­ka­ler vir an­der ge­leef, nie vir die gro­tes en be­lang­ri­kes om eer te ont­vang nie, maar vir die rand­fi­gu­re – om daar­voor ge­krui­sig te word. Wie was gro­ter en het klei­ner ge- word vir men­se wat ver­lo­re is? En hoe­veel waar­di­ge na­vol­gers van Je­sus het die ge­skie­de­nis op­ge­le­wer, men­se wat vir Hom ge­leef het en juis daar­om vir men­se in nood?

Maar dit kos iets om Hom na te volg. Hy praat selfs van ’n kruis wat ’n mens moet dra. Mis­kien leef ons so ver on­der die vlak van Je­sus se le­we dat ons dit nie eens waar­dig is om Chris­te­ne ge­noem te word nie. Maar dit ver­an­der niks aan sy diens aan die mens­dom nie.

Die groot te­o­loog Karl Barth het ge­sê: Bar­thi­a­ne is ’n straf van God. Sy na­vol­gens het hom in die skan­de ge­steek. Na­vol­gers van Je­sus kan Hom ook in die skan­de steek. Maar dit maak Hom nie ver­keerd nie.

Mis­kien sê dit juis dat Hy u­niek is, en dat dit ’n le­wens­taak is om Hom te volg, ’n taak wat ’n mens op sy bes­te maar net so ef­fen­tjies reg­kry. Maar dit gee sin aan ’n mens se le­we. Soek jy sin vir jou le­we? Loop ag­ter Hom aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.