My­burgh moet ryk­lik be­loon word

Beeld - - Nuus - A.P. Stem­met, woord­voer­der van die S­taats­dienspen­si­oen­fonds­mo­ni­te­rings­groep

Ek hoop Me­dia24 is baie trots op Pie­ter-Lou­is My­burgh en ver­eer hom as die held wat hy is.

Deur sy oop­vlek van die on­hei­lig­he­de by Pra­sa het hy die land mil­jar­de ge­spaar. Me­dia24, die re­ge­ring en selfs Pra­sa se be­stuur be­hoort hom ryk­lik te be­loon.

Pra­sa, wat be­reid was om die mil­jar­de te mors, kan hom ge­rus ’n bonus be­taal uit dank­baar­heid.

Staats­be­heer­de or­ga­ni­sa­sies deel mos mak­lik mil­joe­ne uit aan hul maat­jies as “bo­nus­se”.

Die mo­ni­te­rings­groep be­y­wer ons vir die be­sker­ming van ons pen­si­oen­fonds.

Dit doen ons deur die be­leg­gings na­mens ons pen­si­oen­fonds deur die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie te mo­ni­tor.

Die fonds het tans ba­tes van R1 800 mil­jard en die nei­ging van die staat is om dit te plun­der om sy eie te­kor­te aan te vul, soos by­voor­beeld om dit in swak be­stuur­de staats­be­stuur­de or­ga­ni­sa­sies soos E­s­kom, Pra­sa, die SAL, A­c­sa, die Land­bank en San­ral in te pomp.

Ons hou ook be­leg­gings met moont­li­ke po­li­tie­ke mo­tie­we dop.

Pie­ter­Lou­is My­burgh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.