Waar­om (nog) kin­ders hê?

Ons sal ons­self in die toe­koms al hoe meer en al hoe be­ter be­hoort te ver­ant­woord oor waar­om ons kin­ders het, hoe­veel kin­ders ge­wens is, en hoe goed ons toe­ge­rus is om daar­die kin­ders be­hoor­lik op te voed, skryf An­ton van Nie­kerk.

Beeld - - Nuus - So­si­a­le druk lei dalk tot kin­ders Kin­ders sleu­tel tot die toe­koms? Voort­plan­ting nie al­tyd ge­wens ’n Sin vir ver­ant­woor­de­lik­heid

An­dries Be­zui­den­hout het ’n in­te­res­san­te ar­ti­kel ge­skryf (“Sta­dig met vleis en kroos”, Beeld, 24.06) waar­in hy tot die slot­som kom: “In die lig van die mens­dom se e­ko­lo­gie­se im­pak op die pla­neet, moet ons nie eer­der op ’n an­der ma­nier na hier­die kwes­sie [of ons kin­ders moet ver­wek, en hoe­veel] kyk nie?”

Ek wil graag aan­sluit by sy be­toog, maar van­uit ’n an­der hoek. Sy ar­ti­kel laat my on­wil­le­keu­rig dink aan my ge­bruik om tel­kens wan­neer ons ma­gis­ter­stu­den­te in bio-e­tiek vir ’n le­sing­reeks op die kam­pus is, in een klas vir hul­le te vra: “Waar­om, dink jul­le, het men­se kin­ders?”

(Ek sluit ui­ter­aard die “on­ge­luk­ke” – waar kin­ders ver­wek word son­der dat dit so be­doel word – uit van die ver­wag­te ant­woord.)

Dit is be­son­der in­te­res­sant om al die ant­woor­de te hoor. Som­mi­ge (meest­al vrou­e­stu­den­te, hoe­wel glad nie ’n meer­der­heid vroue nie) glo vas daar is iets soos ’n “bi­o­lo­gie­se hor­lo­sie” wat ver­oor­saak dat daar ’n tyd kom wan­neer (die mees­te) vroue ’n be­hoef­te ont­wik­kel om ’n kind te hê.

An­der re­ken ’n mens het ’n so­si­a­le ver­ant­woor­de­lik­heid om (min­stens) jou­self te re­pro­du­seer.

Som­mi­ge ver­wys na die te­o­rie dat kin­ders dik­wels vir arm men­se hul e­nig­ste vorm van pen­si­oen is, en dus die ver­se­ke­ring dat hul­le ho­pe­lik ver­sorg sal word op hul ou­dag. An­der vind die i­dee om oud te word son­der kin­ders as so­da­nig on­aan­trek­lik.

En­ke­les wys op die te­o­rie van ge­ne­tie­se e­vo­lu­si­o­nis­te soos Ri­chard Da­w­kins wat aan­voer dat ons mens­li­ke ge­ne (soos al­le ge­ne) slegs een doel voor oë het, naam­lik om voort te be­staan.

Die te­o­rie waar­mee die mees­te stu­den­te uit­ein­de­lik saam­stem, is dat so­si­a­le druk – ve­ral die druk van voor­ne­men­de groot­ou­ers – die ver­naam­ste re­de is waar­om men­se kin­ders het.

“Dit is een­vou­dig iets wat die mees­te men­se doen; ek/ons sal af­steek as ons nie ook maar saam­speel nie.” Of: “Ons merk daar­by op hoe an­der men­se hul kin­ders groot­maak, en is dan na­ïe­we­lik daar­van oor­tuig dat ek/ons dit be­ter as hul­le sal kan doen.” Dit is op­val­lend hoe dik­wels as­pek­te van ons mens­li­ke er­va­ring wat dui op die hoog­ste vreug­de wat die le­we ons kan be­sorg, deur die ge­boor­te van kin­ders ge­sim­bo­li­seer word.

In die Chris­te­li­ke ge­loof word God se diep­ste en fi­na­le self­o­pen­ba­ring aan die mens­dom ver­beeld met die ver­haal van die ge­boor­te in Bet­le­hem en die ge­paard­gaan­de vreug­de wat dit mee­bring – vir Je­sus se ou­ers, maar ook vir her­ders (een­vou­di­ge wer­kers), wy­se man­ne (die slim­stes en ryk­stes on­der ons), en uit­ein­de­lik ’n en­ge­le­koor wat, hoor­baar op aar­de en in die he­mel, sing van ko­men­de vre­de en God se wel­be­hae in die mens­dom.

Kin­ders is daar­by dik­wels van die groot­ste be­lang om­dat hul­le die waar­borg vir ’n toe­koms is en daar­om die be­sker­ming van ’n na­la­ten­skap moet ver­se­ker.

Ons dink by­voor­beeld te mak­lik oor die ge­skie­de­nis van Hen­drik VIII van En­ge­land as bloot die ver­haal van ’n wel­lus­ti­ge wreed­aard wat ses vroue ge­had het en niks daar­van ge­dink het om hul kop­pe (let­ter­lik) te laat rol nie.

’n Sim­pa­tie­ker le­sing van daar­die ge­skie­de­nis laat ons raak­sien dat wat vir Hen­drik en sy he­le hof, oor­een­koms­tig die ge­brui­ke van sy tyd, oor­heer­send be­lang­rik was, die ver­wek­king van ’n man­li­ke troon­op­vol­ger was.

Die reg­te kind moes ge­bo­re word ten ein­de die re­vo­lu­sie wat Hen­drik be­werk­stel­lig het met sy En­gel­se kerk­her­vor­ming te be­sten­dig.

(Na­tuur­lik was hy ver­keerd en was sy uit­ein­de­li­ke vrou­li­ke op­vol­ger – E­li­za­beth I – moont­lik die groot­ste B­rit­se mo­narg van al­le tye. Maar dit kon Hen­drik mos nie ge­weet het nie.)

Kin­ders is die sleu­tel tot die toe­koms. Daar­om, ook, is die dood van ’n kind so ’n e­nor­me tra­ge­die. Want wan­neer ’n kind sterf, sterf ’n stuk po­ten­si­ë­le toe­koms waar­by ons al­mal so­veel sou kon baat vind.

Aan die an­der kant is dit soms ook ’n tra­ge­die dat kin­ders (soos Hit­ler en S­ta­lin en A­min) wel oor­leef; want sou die wê­reld tog nie ’n be­ter plek ge­wees het as hul­le nooit daar was nie? Tans, meer as ooit te­vo­re, en groot­liks van­weë die bi­o­teg­no­lo­gieë waar­oor ons be­skik, is die ver­wek­king van kin­ders in ons han­de.

Be­zui­den­hout wys op hoe be­lang­rik dit is dat ons nuut en op­nuut be­sin oor die wens­lik­heid van mens­li­ke voort­plan­ting in die lig van die om­ge­wings­kri­sis.

Daar­mee stem ek vol­mon­dig saam. Dis eg­ter ook in­te­res­sant dat daar in die jong­ste ja­re vol­bloed­fi­lo­so­fie­se te­o­rieë ont­wik­kel het wat ons noop om twee keer te dink voor­dat ons som­mer voort­plant.

’n Re­de­lik ra­di­ka­le voor­beeld van so ’n te­o­rie kom voor in die boek Bet­ter Ne­ver to Ha­ve Been: The Harm of Co­ming in­to Ex­is­ten­ce (2006) deur Da­vid Be­na­tar, fi­lo­soof van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad.

In die lig van ’n ge­ra­di­ka­li­seer­de u­ti­li­ta­ris­tie­se ar­gu­ment voer Be­na­tar aan dat dit al­tyd be­ter is om nooit te be­staan nie as om wel tot le­we te kom. Ons maak ons­self wys dat die le­we veel ple­sier in­hou, ter­wyl dit eint­lik sel­de waar is.

Om te le­we is nor­maal­weg om veel meer pyn as ple­sier te er­vaar – iets wat, u­ti­li­ta­ris­ties ge­spro­ke, on­ge­wens en mo­reel ver­keerd is. Daar­om is dit be­ter om nooit te le­we nie.

Daar is voorts vol­gens Be­na­tar ’n a­sim­me­trie tus­sen pyn en ple­sier.

Ons kan van die af­we­sig­heid van pyn – ook al is daar­die “pyn” deur nie­mand be­leef nie – sê dat dit goed is. Ter­self­der­tyd moet ons er­ken dat hoe­wel ple­sier dalk goed is, die af­we­sig­heid van ple­sier nie sleg is nie.

Die bes­te moont­li­ke wê­reld is dus een waar­in so­wel pyn as ple­sier af­we­sig is – met an­der woor­de ’n wê­reld son­der e­ni­ge men­se of die­re wat pyn en ple­sier kan er­vaar.

Be­na­tar re­ken daar­om dat dit ons mo­re­le plig is om son­der ge­weld (die toe­die­ning van ver­de­re pyn) so gou moont­lik die wê­reld­be­vol­king ra­di­kaal te ver­min­der, en selfs uit te wis. Die mo­re­le vraag is nie of ’n vrou ’n a­bor­sie mag hê nie; die mo­re­le vraag is eer­der of sy ’n a­bor­sie mag wei­er.

Be­na­tar se te­o­rie is ui­ters ra­di­kaal en sal waar­skyn­lik min men­se aan­spreek. Ek self ver­skil skerp daar­van.

Die te­o­rie, wat wel uit­ge­werk is in ’n oor­spronk­li­ke en boei­en­de wys­ge­ri­ge ar­gu­ment, is eg­ter ’n by­ko­men­de her­in­ne­ring daar­aan dat die tyd waar­in ons kan dink mens­li­ke voort­plan­ting is van­self­spre­kend en al­tyd ge­wens, is be­sig om uit te loop.

Die tyd waar­in ons kan dink mens­li­ke voort­plan­ting is van­self­spre­kend en al­tyd ge­wens, is be­sig om uit te loop.

Die ant­woord, meen ek, lê nie in die uit­wis­sing van die mens­li­ke ras nie. Die ant­woord lê in die her­op­na­me van die be­lang­rik­ste ka­te­go­rie van die e­tiek: ’n sin vir ver­ant­woor­de­lik­heid.

Ons sal ons­self in die toe­koms al hoe meer en al hoe be­ter be­hoort te ver­ant­woord oor waar­om ons kin­ders het, hoe­veel kin­ders ge­wens is, en hoe goed ons toe­ge­rus is om daar­die kin­ders be­hoor­lik op te voed.

Ou­er­skap is die een ei­en­skap waar­voor ’n mens skyn­baar geen kwa­li­fi­ka­sie no­dig het nie. Dis on­sin. Al­mal van ons wat ou­ers is, weet hoe dek­sels moei­lik dit is of kan wees.

Waar­na ons be­hoort te streef, is nie die uit­wis­sing van ou­er­skap nie, maar die kweek van ver­ant­woor­de­li­ke ou­er­skap.

Fo­to: PIXABAY

Mi­grant Mot­her is een van die be­kend­ste fo­to’s uit die Groot De­pres­sie. Dié 32­ja­ri­ge ma met se­we kin­ders was deel van ’n groep ha­we­lo­se ert­jie­pluk­kers wat Dorot­hea Lan­ge in 1936 na­by Ni­po­mo, Ka­li­for­nië, af­ge­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.