A­gri SA sê nee vir ska­lie­gas

‘Grond moet her­stel kan word’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

A­gri SA het gis­ter ’n streep ge­trek oor hi­dro­bre­king.

Johannes Möller, pre­si­dent van A­gri SA, het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Cen­tu­ri­on ge­sê met tal­le on­be­ant­woor­de vrae oor hi­dro­bre­king kan hy nie die re­ge­ring se voor­ge­stel­de plan daar­oor steun nie.

A­gri SA on­der­steun die re­ge­ring in sy soe­ke na vol­hou­ba­re e­ner­gie­bron­ne, maar het nou “’n streep ge­trek oor hi­dro­bre­king”.

“Voor­dat die re­ge­ring die land­bou­ge­meen­skap die ver­se­ke­ring kan gee dat grond waar­op ska­lie­gas ont­gin is ná die tyd 100% tot land­bou­grond ge­re­ha­bi­li­teer kan word, kan A­gri SA nie dié e­ner­gie­plan steun nie.”

Hy sê Suid-A­fri­ka is die e­nig­ste land in A­fri­ka wat nog aan sy men­se kan kos gee. “Ons kan nie Suid-A­fri­ka se voed­sel­se­ker­heid ter wil­le van die ont­gin­ning van ska­lie­gas op die spel plaas nie.”

Vol­gens hom het A­gri SA so­wat drie jaar ge­le­de ’n mo­ra­to­ri­um op al­le plan­ne oor hi­dro­bre­king ge­vra so­dat deeg­li­ke na­vor­sing oor moont­li­ke wa­ter- en grond­be­soe­de­ling ge­doen kan word. “Die mo­ra­to­ri­um het by­na ’n jaar ge­le­de ver­stryk en ons wag nog op ant­woor­de en die uit­slag van die na­vor­sing.”

Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, het in Mei in sy be­gro­tings­re­de ge­sê die ont­wik­ke­ling van ska­lie­gas­pro­jek­te sal na ver­wag­ting in die vol­gen­de tien tot 15 jaar be­gin.

Jan­se Ra­bie, A­gri SA se hoof van na­tuur­li­ke hulp­bron­ne, sê A­gri SA in K­waZu­lu-Na­tal het on­langs in­ter­dik­te teen die Pe­tro­le­uma­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pa­sa) ge­kry vir die uit­reik van teg­nie­se sa­me­wer­kings­per­mit­te en eks­plo­ra­sie­reg­te aan R­hi­no Oil and Gas op 15 000 pla­se wat saam so­wat 1,6 mil­joen ha be­slaan.

Hy sê die pro­bleem met die toe­staan van teg­nie­se sa­me­wer­kings­per­mit­te en eks­plo­ra­sie­reg­te vir ska­lie­gas in­ge­vol­ge die Wets­ont­werp op die Ont­wik­ke­ling van Mi­ne­ra­le- en Pe­tro­le­um­hulp­bron­ne (MPRDA) is dat die hou­ers van dié reg­te die eks­klu­sie­we reg kry om aan­soek te doen om pro­duk­sie­reg­te, wat heel waar­skyn­lik ge­gee sal word.

“Dit sou dus on­wys wees om nie uit die staan­spoor stand­punt oor die kwes­sie in te neem nie, we­ten­de dat reg­te wat ver­kry word die hou­ers daar­van kan toe­laat om in die toe­koms voort te gaan met vol­skaal­se pro­duk­sie.”

Möller sê A­gri SA het ’n ven­noot­skap met die Wê­reld­na­tuur­fonds (WWF) ge­sluit om die kwes­sie van hi­dro­bre­king en die be­drei­ging wat dit vir die land se wa­ter­bron­ne en voed­sel­se­ker­heid in­hou te han­teer.

Aan­soe­ke om hi­dro­bre­king is nie net be­perk tot die Ka­roo en K­waZu­lu-Na­tal nie, maar daar is ook aan­soe­ke in groot de­le van die Noord-Kaap, die noord­oos­te van die Vry­staat, die S­pring­bok­vlak­te en feit­lik die he­le Suid-A­fri­kaan­se kus­lyn.

A­gri SA doen ’n be­roep op ge­meen­skap­pe om in­ge­lig te raak oor aan­soe­ke en om o­pen­ba­re ver­ga­de­rings daar­oor by te woon.

Ons kan nie SuidA­fri­ka se voed­sel­se­ker­heid ter wil­le van die ont­gin­ning van ska­lie­gas op die spel plaas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.