S­tief­ma dalk nié ver­volg na­dat tie­ner sterf

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Ma­rie­tjie Vos­loo (34) gaan moont­lik nie amp­te­lik in Mau­ri­ti­us ver­volg word weens die nood­lot­ti­ge aan­ran­ding op haar stief­dog­ter, Mun­do­le­ne (17), nie.

Vos­loo het gis­ter in die Bam­bous-land­dros­hof in Mau­ri­ti­us ver­skyn op ’n voor­lo­pi­ge aan­klag van aan­ran­ding son­der die doel om moord te pleeg.

Haar regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Za­red­hin Jaun­baccus van die regs­hul­praad in Mau­ri­ti­us, sê die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging (DOV) “moet nog be­sluit of ’n for­me­le saak teen haar ge­o­pen word of nie”.

Die DOV was nie in staat om dié be­sluit te neem voor­dat die ge­reg­te­li­ke on­der­soek af­ge­han­del is nie.

“Nou­dat hul­le die ver­slae ge­kry het, kan hul­le die be­sluit neem.”

Vos­loo se ver­hoor is dus tot la­ter van­dees­maand uit­ge­stel.

Jaun­baccus sê dit “gaan goed” met Vos­loo. “Sy is baie sterk. Sy wil nou net hê die DOV moet ’n be­sluit neem.”

Vos­loo is borg­tog ge­wei­er om­dat sy geen fa­mi­lie in Mau­ri­ti­us het nie en ook nie kan be­wys dat sy ’n per­ma­nen­te a­dres op die ei­land het nie, sê Jaun­baccus.

“Sy wag nou maar in die vrou­e­af­de­ling van die Beau-Bas­sin-tronk (in Port Lou­is).”

Jaun­baccus sê hy neem aan Vos­loo bel haar fa­mi­lie­le­de ge­reeld. Sy kan wel nie op­roe­pe ont­vang nie.

Mi­ke Vos­loo (46), Mun­do­le­ne se pa, sê uit die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK), waar hy werk, dat hy nie on­langs met Ma­rie­tjie ge­praat het nie.

Hy het ook “nog niks ge­hoor” van haar ver­hoor nie.

Ty­ro­ne Both­ma, Mun­do­le­ne se kê­rel, het gis­ter ver­lof ge­neem toe hy hoor Ma­rie­tjie het weer in die hof ver­skyn.

“Dis maar moei­lik, maar ’n mens moet dit maar hand­le,” sê Both­ma.

Both­ma wil nie baie uit­wei oor sy ver­lies nie. “Ons was lank saam.

“Ek was baie lief vir haar en ek is steeds lief vir haar, maar ek wil nie ’n groot ding daar­oor maak nie.

“Dit gaan nie oor my nie, dit gaan net oor jus­ti­ce will be do­ne.”

Hy pro­beer om nie die hof­saak te volg nie.

“Die fa­mi­lie sal my kon­tak as hul­le iets hoor.”

Mun­do­le­ne is in Ok­to­ber ver­le­de jaar dood na­dat sy en Ma- riet­jie glo in ’n on­der­on­sie was.

Mi­ke en Ma­rie­tjie was saam met Mun­do­le­ne en haar twee boe­ties van 11 en 15 jaar by die Ho­tel Riu C­re­o­le in Le Mor­ne, Mau­ri­ti­us, toe die voor­val ge­beur het.

Mun­do­le­ne en Ma­rie­tjie het by die swem­bad ge­stry, ver­moe­de­lik om­dat daar nie ge­noeg hand­doe­ke was nie, waar­na Ma­rie­tjie haar stief­dog­ter glo met ’n glas ge­gooi het.

Dié twee was na be­we­ring la­ter weer in ’n woor­de­wis­se­ling be­trok­ke, waar­na Ma­rie­tjie Mun­do­le­ne glo ver­skeie keer ge­klap en die mei­sie in­me­kaar­ge­sak het.

Fo­to: FACEBOOK

Ma­rie­tjie Vos­loo

Mun­do­le­ne Vos­loo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.