‘SA het mark vir die stroop van leeus ge­skep’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Wild­be­waar­ders van die Lim­po­po Na­si­o­na­le Park in Mo­sam­biek, deel van die Gro­ter Lim­po­po-oor­grens­park waar­van die Kru­ger­wild­tuin die kern­deel uit­maak, het eer­gis­ter op die kar­kas­se van drie leeus af­ge­kom wat vir hul ske­let­te ge­stroop is.

Die kar­kas van ’n hi­ë­na is ook na­by dié van die leeus ge­kry.

Die V­re­des­park-stig­ting het gis­ter­mid­dag ge­sê wild­be­waar­ders in dié deel van die oor­grens­park, wat in Mo­sam­biek ge­leë is, meen die leeus is met die land­bou­gif­stof al­di­karb ver­gif­tig.

Die gif is ver­moe­de­lik in ’n stuk vleis ge­sit om die leeus te lok. Veld­wag­ters het ook op strik­ke af­ge­kom.

Die V­re­des­park-stig­ting sê die voet­spo­re van drie stro­pers is Maan­dag in die be­waar­ge­bied ge­waar.

S­poor­sny­ers het die spo­re ge­volg wat aan­ge­dui het hul­le was op die leeus se spoor.

Die s­poor­sny­ers het op ’n k­lein kam­pie en die leeu­kar­kas af­ge­kom.

Teen­stro­pings­een­he­de het ver­le­de week in die­self­de ge­bied op strik­ke en ’n sak­kie gif af­ge­kom.

Veld­wag­ters het die strik­ke ver­wy­der en die gif ver­brand. Hul­le het ook ’n nja­la in die ge­bied ge­kry wat in ’n strik ge­vang is. Die nja­la kon ge­luk­kig be­vry word.

Die s­poor­sny­ers het ’n spoor ge­volg wat na ’n na­by­ge­leë ge­hug­gie in die park ge­lei het. In­wo­ners van hier­die ge­hug­gie is deel van die V­re­des­park-stig­ting se pro­jek om men­se uit die oor­grens­park te ver­skuif.

Pe­ter Leit­ner, die V­re­des­park-stig­ting se pro­jek­be­stuur­der, sê hy is be­kom­merd oor die voor­val.

“Dit is dui­de­lik daar is be­slis ’n dras­tie­se toe­na­me in po­gings om leeus vir die han­del in leeu­been­de­re te stroop. Hier­die is ’n baie ont­stel­len­de ver­wik­ke­ling en net ’n di­ver- si­fi­se­ring van die sin­di­ka­te se mis­daad teen wild.”

Ger­hard Ver­doorn, om­ge­wings­kun­di­ge, sê Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, se woor­de oor die voor­de­le wat ge­blik­te leeus se been­de­re vir die be­wa­ring van wil­de leeus in­hou, was nog nie koud nie en ’n wil­de leeu word ge­stroop.

“Suid-A­fri­ka het hier­die mark ge­skep. Nou is daar geen keer daar­aan nie.”

Vol­gens Ver­doorn is net ’n tee­le­pel al­di­karb no­dig om ’n vol­was­se leeu bin­ne ’n half­uur dood te maak.

Leit­ner sê leeus is meer be­dreig as re­nos­ters. Vol­gens hom is daar net 20 000 leeus in die na­tuur oor.

Hy be­klem­toon die vraag na leeu­been­de­re in die Oos­te moet dood­ge- druk word.

Cor­ne­lio Mi­guel, veld­wag­ter van die Lim­po­po Na­si­o­na­le Park, sê hy hoop die stro­pers word gou aan­ge­keer. Hy wys daar­op dat die Mo­sam­biek­se re­ge­ring on­langs sy wet­ge­wing ver­an­der het so­dat stro­pers van be­dreig­de spe­sies nou vir 15 jaar tronk toe ge­stuur kan word.

Mo­le­wa het ver­le­de week aan­ge­kon­dig Suid-A­fri­ka gaan in die toe­koms jaar­liks 800 leeuske­let­te na C­hi­na en an­der lan­de in die Oos­te uit­voer.

As mo­ti­ve­ring vir haar be­sluit het sy ge­sê as die ske­let­te van leeus wat in aan­hou­ding ge­teel is na die Oos­te uit­ge­voer word, sal dit stro­pers ver­hoed om wil­de leeus te tei­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.