Ma­ri­us Wey­ers sterk nou tuis aan

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

E­vet­te Wey­ers is baie bly om haar man, die ak­teur Ma­ri­us Wey­ers (72), weer tuis op Rooi­els in die Wes-Kaap te hê.

Ma­ri­us het gis­ter­mid­dag tuis ge­kom na­dat hy ’n week lank in die hos­pi­taal was.

“Dis ’n ver­skrik­li­ke ding vir die lyf om deur te gaan,” sê E­vet­te, ’n beel­den­de kuns­te­naar, oor die o­pe­hart­chi­rur­gie wat Ma­ri­us on­der­gaan het om sy hart­klep te ver­vang.

“Dis hoe­kom ’n mens ná die tyd so do­de­lik moeg is.”

Ma­ri­us is ver­le­de Dins­dag in die Bu­sa­med Paar­de­vlei- pri­va­te hos­pi­taal op­ge­neem.

E­vet­te sê dit is nou baie be­lang­rik vir Ma­ri­us om te rus.

“Hy het vrees­lik baie pyn ge­had, maar dis nou be­ter,” sê sy.

Sy is nie se­ker hoe lank dit sal duur voor­dat hy vol­ko­me her­stel het nie “om­dat dit so ver­skrik­lik in­gry­pend is”, maar sy sê hy sal be­slis ge­sond wees wan­neer hy in Ja­nu­a­rie teen­oor San­dra Prins­loo in die to­neel­stuk The Ro­ad to Mec­ca speel.

“’n Mens kan skaars dink dat ie­mand dit sal oor­leef, maar Ma­ri­us het en hy sal dit al hoe meer oor­leef,” sê sy skert­send.

Ma­ri­us en E­vet­te Wey­ers

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.