Neels dap­per en snaaks op sy een­tjie

Ge­hoor gaan­de oor ak­teur se sto­ries

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­pe­man Tot Sa­ter­dag. La­er­skool Ber­g­land, Nel­spruit Op my eish!

Neels van Jaars­veld staan op sy eish, en baie dap­per in sy so­lo­stuk Op my eish!, wat op In­ni­bos de­bu­teer.

Eish, maar hier­die man praat lek­ker. Of hy nou skerts of diep erns­tig raak.

Uit die mond van die ak­teur Neels van Jaars­veld klink en lyk dit lek­ker om jou le­wens­ver­haal te ver­tel, maar tog weet ’n mens daar moes diep ge­gra­we word vir hier­die een­man­stuk.

Soms raak dit ’n bie­tjie laf, maar daar is ’n swaar­der erns aan die sto­rie wat ’n mens waar­deer.

Die ver­tel­lings is heer­lik, woord­spe­lings en al (en ook nie net dié wat jy sou ver­wag nie) en dan be­weeg hy oor na ’n erns­ti­ger, uit­da­gen­der tyd­perk in sy le­we – wat op­laas op iets goeds uit­ge­loop het.

Dis ’n baie lek­ker trant waar­in hy die (en ook sy) sto­rie be­gin. Ryno Vel­vet se klank­baan vul dit goed aan, net soos die beel­de wat spot­ten­der­wys op ’n skerm ver­toon word. Nie al­les hier­van is ewe snaaks of ge­pas nie, maar dié er­va­rin­ge is in die min­der­heid.

Vir die­ge­ne wat oor die ja­re Van Jaars­veld se loop­baan ge­volg het – hy is be­hal­we sy te­a­ter­werk ook be­kend om die rol­pren­te ’n Man soos my pa, Knys

na en Jag­veld – is dit op sig­self ’n lek­ker her­sie­nings­oe­fe­ning van pro­duk­sies waar­in hy ge­speel het. Hier en daar flik­ker iets uit jou ge­heue weer op en jy kom ag­ter hoe die ak­teur sy be­staan maak. Hier is be­slis gees­drif en lief­de vir sy be­roep en die le­we ter spra­ke.

Van Jaars­veld staan op sy eish, en baie dap­per.

Hy het ’n paar ge­hoor­le­de gaan­de ge­had:

A­mor Ad­lem sê:

“Hy breek die ys met hier­die stuk. Ek het ’n an­der per­spek­tief van Neels ge­kry; hy het ’n baie kwes­ba­re kant van hom­self ge­deel. Dit is iets wat baie van ons sal raak en ons kan ons daar­mee ver­een­sel­wig. As ons ge­luk­kig is, kan ons daai punt be­reik wat ons ie­mand het wat in­ge­tree het wat al­les ver­an­der. Ek dink dis op ’n baie meer per­soon­li­ke vlak. Ek is baie be­ïn­druk.”

Ma­ri­Li­ne Jan­se van Rens­burg sê:

“Dit was vir my uit­ste­kend! Voor die tyd het ek nie e­nig­sins gaan lees waar­oor die pro­duk­sie gaan nie. Ek het na­tuur­lik die pro­duk­sie se naam ge­hoor, maar ek het nie ge­weet Neels van Jaars­veld gaan daar­in wees nie. Dit was vir my ver­ras­send om Neels só te sien. Jy ken eint­lik die ou. Jy het al voor­heen van hom ge­hoor en ge­lees. Sy woord­spe­lings is net so goed. Dit was to­taal en al vir my ’n eye-o­pe­ner. Om­trent el­ke deel van die stuk was ’n ver­ras­sing.”

Va­nes­sa Dick­son sê:

“Ek was aan­ge­naam ver­ras. Ek het nie be­sef hy kan só goed wees nie. Men­se weet nie dat dit só lek­ker gaan wees nie. Ek was mal oor die hu­mor; die lag met die traan was vir my baie ou­lik. Hy moet dit net so ver moont­lik be­mark.” )

Fo­to: GILLIAN COET­ZEE

Neels van Jaars­veld se ou­to­bi­o­gra­fie­se so­lo­stuk, Op my eish!, word by die In­ni­bos­kunstefees op­ge­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.