Fees het steeds ho­pe gees’

Beeld - - Kuns & Vermaak - Ros­lyn Baat­jies

Gra­ham­stad was nog al­tyd en sal al­tyd die tuis­te van die fees wees, sê To­ny Lan­ke­ster, di­rek­teur van die Na­si­o­na­le Kunstefees, na­dat be­soe­kers in ’n vi­deo op YouTu­be ge­sê het die fees­stem­ming het “ver­lo­re ge­gaan”.

In die vi­deo wat deur Mark Ro­se-Chris­tie, ’n fees­gan­ger en voor­ma­li­ge kuns­te­naar en stal­le­tjie­hou­er, op YouTu­be ge­plaas is, ver­soek fees­gan­gers on­der meer dat die Old Vil­la­ge G­reen te­rug­keer so­dat han­de­laars van al­le ras­se meer baat daar­by kan vind.

Hul­le be­pleit ook die te­rug­keer van ver­skeie plek­ke, wat in­sluit The Mon­key Puz­z­le, Two Fat La­dies, Rai­l­way S­ta­ti­on, The Yel­low Hou­se, Old Ga­ol, Qu­ar­ry, Po­wer S­ta­ti­on en men­se met al­ter­na­tie­we leef­wy­ses, on­der wie hip­pies en le­de van die New Age-be­we­ging.

Lan­ke­ster sê die fees is suk­ses­vol en hy ver­skil van men­se wat sê daar heers nie ’n fees­stem­ming nie.

“Die by­wo­ning is goed en ons het ver­skeie ver­to­nings oor al­le gen­res heen. Ons pro­gram be­staan uit on­ge­veer 700 nom­mers en 2 500 op­tre­des, as­ook ver­skeie gra­tis ge­leent­he­de be­dags en saans, hand­werk­mark­te en uit­stal­lings.

“Jy moet net deur die pro­gram kyk om die breed­te en diep­te van ons aan­bod te sien.

“Daar is werk­lik iets vir al­mal – wat ook al jou smaak, ou­der­dom, per­soon­li­ke voor­keu­re en nei­gings, die fees­pro­gram sal daar­voor voor­sie­ning maak.”

Hy sê daar is geen spra­ke dat ’n an­der plek die gas­heer van die fees sal wees nie.

“Gra­ham­stad sal al­tyd die fees se tuis­te wees.

“Ons het daag­liks baie uit­da­gings. Dit wis­sel van stra­te­gie­se tot be­dryfs­kwes­sies.

“Fi­nan­sie­ring is vir e­ni­ge nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie in die kuns­te die groot­ste en­ke­le pro­bleem, en nog baie meer om­dat ons in ’n e­ko­no­mie­se re­ses­sie is.”

Hy weet nie waar­om die ver­maak wat in Ro­se-Chris­tie se op­na­me ge­noem word, stop­ge­sit is nie.

“Dit het niks met ons te doen nie. Mis­kien het hul­le af­ge­tree, mis­kien is dit die re­ses­sie, mis­kien het hul­le be­sluit om iets an­ders aan te pak,” het hy by­ge­voeg.

“Ons moe­dig e­ni­ge en­tre­pre­neur aan om ge­bruik te maak van die ruim­tes wat vir hul­le in Gra­ham­stad ge­skep is om die fee­s­er­va­ring te ver­ryk.

“Nie­mand keer e­nig­ie­mand om die fees by te woon nie. E­nig­ie­mand is wel­kom.”

Die fees duur tot Son­dag.

To­ny Lan­ke­ster

Die be­kroon­de ak­tri­se An­na Fran­co­li­ni ver­tolk die rol van Cap­tain Hook in die mu­siek­spel Pe­ter Pan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.