‘Pe­ter Pan’ bied be­to­we­ren­de te­a­ter

Beeld - - Kuns & Vermaak - La­e­ti­tia Pop­le

“All child­ren, ex­cept one, grow up.” – Pe­ter Pan

“On­ver­geet­lik, be­sie­lend, die ene to­wer­krag.” So het re­sen­sies oor die mu­siek­spel Pe­ter Pan ge­ju­bel ge­du­ren­de die speel­vak vroe­ër van­jaar in die Na­ti­o­nal T­he­a­t­re in Lon­den.

Kaart­jies het ge­vlieg en die he­le speel­vak is blit­sig uit­ver­koop.

Nou kan Suid-A­fri­ka­ners die re­gis­seur Sal­ly Cook­son ( Ja­ne Ey­re) se her­in­ter­pre­ta­sie van die eeu oue kin­der­ver­haal deur J.M. Bar­rie er­vaar.

Die ma­gie­se a­von­tuur han­del oor die py­ne van groot­word en kin­ders wat moet leer om die ver­ant­woor­de­lik­he­de van die groot­mens­wê­reld te aan­vaar.

Dit is van dié na­week af land­wyd in Ci­ne­ma Nou­veau-te­a­ters te sien. ver­loor op ’n be­soek aan Lon­den en sy men­se­vrien­din Wen­dy (Ma­de­lei­ne Wor­rall) moet help soek.

In ruil vir haar po­gings nooi hy haar na die ma­gie­se Ne­ver­land, waar sy Tin­ker Bell, die nuk­ke­ri­ge fee­tjie, en die wre­de Cap­tain Hook ont­moet.

Tin­ker Bell word ge­speel deur die (man­li­ke) ak­teur Sai­kat A­ha­med in ’n wit tu­tu, met we­li­ge, sig­ba­re been­ha­re.

Cap­tain Hook, kom­pleet met haak­klou en swart tan­de, word ver­tolk deur An­na Fran­co­li­ni, wat al met die Lau­ren­ce O­li­vier­prys be­kroon is.

Daar is net vier ver­to­nings van Pe­ter Pan: op 8, 12 en 13 Ju­lie om 19:30, en op 9 Ju­lie om 14:30 in S­ter-Ki­ne­kor se Ci­ne­ma Nou­veau-te­a­ters in Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria en Kaap­stad, as­ook in die Ga­te­way in Dur­ban.

Die tyds­duur is am­per drie uur met ’n pou­se van 20 mi­nu­te.

Dit word vir kin­ders ou­er as se­we aan­be­veel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.