Voor­stel oor Re­ser­we­bank laat rand sink

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen Reuters

Die so­veel­ste po­li­tie­ke skok van­jaar het die rand se knieë gis­ter weer laat knak.

Die geld­een­heid het gis­ter­mid­dag skerp be­gin daal tot sy laag­ste vlak in se­we maan­de ná nuus dat die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ’n voor­stel aan­vaar het om die Re­ser­we­bank se na­si­o­na­li­se­ring te de­bat­teer.

“Die voor­stel om die Re­ser­we­bank se pri­va­te aan­deel­hou­ers te ver­wy­der, word as sim­bo­lies ge­sien van ’n rig­ting­ver­skui­wing,” sê Pe­ter At­tard Mon­tal­to, hoof­e­ko­noom vir ont­lui­ken­de mark­te by Nomu­ra.

Die rand het die dag reeds wan­kel­rig be­gin weens die roe­rin­ge om die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie en ge­o­po­li­tie­ke span­ning ná Noord-Ko­rea se mis­siel­toets.

Die geld­een­heid het die dag op vlak­ke van tus­sen R13,15 en R13,49 teen die dol­lar ver­han­del. Nie eens die nuus laat­mid­dag dat die te­sou­rie die man­daat van die Re­ser­we­bank sal be­skerm, kon die rand weer stu­krag gee nie.

Die koe­ël was vir be­leg­gers reeds deur die kerk.

“Daar was reeds ’n tyd lank rom­me­lings oor al hier­die ra­di­ka­le trans­for­ma­sie-be­leids­voor­stel­le. Die feit dat die ANC nou daar­oor praat, is kom­mer­wek­kend en dis waar­om die rand ge­sink het,” sê An­dré Bo­tha, ont­le­der van T­re­a­su­ryO­ne. Hy sê die par­ty se voor­stel oor die Re­ser­we­bank se na­si­o­na­li­se­ring wek kom­mer by be­leg­gers oor die on­af­hank­lik­heid van die Re­ser­we­bank so kort na­dat die o­pen­ba­re be­sker­mer, adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, aan­be­veel het dat die Grond­wet ge­wy­sig word om die Re­ser­we­bank se man­daat – wat ver­skans word in die Grond­wet en fo­kus op die waar­de van die rand – moet ver­an­der na die be­vor­de­ring van “ge­ba­lan­seer­de en vol­hou­ba­re e­ko­no­mie­se groei” as­ook die be­sker­ming van lands­bur­gers se “so­si­aal-e­ko­no­mie­se wel­stand”.

Op sy beurt waar­sku prof. Ray­mond Par­sons, e­ko­noom ver­bon­de aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se sa­ke­skool, dat die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe reeds ge­waar­sku het dat ’n ver­de­re af­gra­de­ring van Suid-A­fri­ka se staat­skuld kan volg in­dien die sta­tus van die Re­ser­we­bank ver­swak word. “Die SARB is ’n be­lang­ri­ke kom­po­nent van be­leg­gers­ver­troue.”

In­tus­sen sê die Re­ser­we­bank ’n ver­an­de­ring aan sy aan­deel­hou­ding sal nie sy man­daat ver­an­der nie.

Die Re­ser­we­bank is tans ’n pri­va­te maat­skap­py met pri­va­te aan­deel­hou­ers, maar hul­le het geen in­vloed op die toe­pas­sing van sy man­daat nie.

Die bank word in­ge­vol­ge die Wet op die Suid-A­fri­kaan­se Re­ser­we­bank be­heer, saam­ge­lees met die Grond­wet. Die aan­deel­hou­ers het geen reg­te op of be­trok­ken­heid by die uit­voe­ring van die mo­ne­tê­re be­leid, fi­nan­si­ë­le sta­bi­li­teits­be­leid of bank­re­gu­la­sies nie.

“Die aan­deel­hou­ding van die Re­ser­we­bank het geen be­trek­king op die be­leid- of re­gu­la­to­rie­se rol wat die Re­ser­we­bank het nie,” het die bank in ’n e-pos aan ge­sê.

Die Re­ser­we­bank het ein­de Ju­nie ’n drin­gen­de hof­aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien om die aanbevelings van die OB ter­sy­de te laat stel.

Die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie neem nie die fi­na­le be­slui­te oor be­leid nie, maar sy voor­stel­le sal na die par­ty se na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie in De­sem­ber ge­neem word.

Fo­to: DEAAN VIVIER

G­we­de Man­tas­he, hoof­se­kre­ta­tis van die ANC, praat met p­res. Ja­cob Zu­ma na­dat hy die af­slui­tings­toe­spraak by die ANC se be­leids­kon­fe­ren­sie by Nas­rec in Jo­han­nes­burg ge­le­wer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.