Gems­sie­ke­fonds vir staats­amp­te­na­re sê hy is ná swak jaar op pad na her­stel

Beeld - - Sakenuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Hoe krank­lik die staats­amp­te­na­re se me­die­se ske­ma ver­le­de jaar was, kan in sy nuut­ste jaar­sta­te ge­sien word.

Die me­die­se ske­ma vir staats­amp­te­na­re (Gems) se sol­ven­sie­ver­hou­ding het in Sep­tem­ber ver­le­de jaar tot on­der 4% ge­val.

Me­die­se ske­mas word deur die wet ver­plig om ge­noeg re­ser­wes te hou so­dat on­ver­wag­se hoë ei­se ge­dek kan word en dok­ters en hos­pi­ta­le be­taal kan word.

In­ge­vol­ge wet­ge­wing moet ’n ske­ma se re­ser­wes 25% van sy jaar­lik­se pre­mies be­loop.

Gems sê in sy jaar­sta­te hy het ver­le­de jaar ’n “on­ge­wo­ne en on­ver­wag­se toe­na­me in ei­se” be­leef.

Dr. Gun­vant Gool­ab, hoof­be­amp­te van Gems, het gis­ter ge­sê die skerp sty­ging in ei­se hou ver­band met ’n skie­li­ke, skerp toe­na­me in hos­pi­taal­toe­la­tings.

Gems se ei­se het R900 mil­joen meer as die be­gro­ting be­loop. Dit het daar­toe ge­lei dat die ske­ma ’n te­kort van R485,7 mil­joen ge­had het na­dat ei­se en an­der uit­ga­wes be­taal is en sy in­kom­ste uit be­leg­gings in­ge­re­ken is.

’n Ske­ma moet be­groot dat sy pre- mie­ver­ho­gings ge­noeg is vir ’n sur­plus so­dat die re­ser­wes daar­mee op­ge­bou kan word om aan die ver­plig­te sol­ven­sie­ver­hou­ding te vol­doen.

“Ons het nou op ’n maan­de­lik­se grond­slag ge­noeg kon­tant wat in­kom om ei­se te be­taal,” sê Gool­ab.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.