Kan jy ’n kri­sis be­kos­tig?

Beeld - - Sakenuus - Han­lie S­tad­ler

Wat sal jy doen as ’n on­voor­sie­ne uit­ga­we skie­lik op­duik?

Uit ’n nu­we pei­ling blyk dit die mees­te (99%) van wer­ken­de SuidA­fri­ka­ners sal ’n plan kan maak as die uit­ga­we R1 000 is, maar as dit R100 000 is, sal 85% nie weet wat om te doen nie.

Old Mu­tu­al het gis­ter sy jaar­lik­se S­paar- en Be­leg­gings­mo­ni­tor vir 2017 uit­ge­reik en daar­uit blyk dit huis­hou­dings voel be­ter oor hul geld­sa­ke as in 2016. Ge­sin­ne be­sef al hoe meer hoe be­lang­rik dit is om te s­paar.

Nie­te­min lyk dit nog of net en­ke­les ’n “nood­fonds” van spaar­geld het waar­mee hul­le fi­nan­si­ë­le nood­ge­val­le kan be­har­tig. Die mees­te huis­hou­dings sal op die een of an­der vorm van skuld moet staat­maak om ’n nood­ge­val te han­teer.

Die ma­te waar­in huis­hou­dings spaar­geld vir nood­ge­val­le het, daal soos die be­drag ter spra­ke styg.

Ge­mid­deld sal 54% van huis­hou- dings die spaar­geld hê om vir ’n R1 000-kri­sis te be­taal, maar net 25% het spaar­geld sou ’n R5 000-kri­sis op­duik, net 9% vir ’n R10 000-kri­sis, net 2% as die kri­sis R50 000 kos en net 1% as die kri­sis R100 000 be­loop.

Uit die hand­vol huis­hou­dings (15% van die re­spon­den­te) wat re­ken hul­le sal ’n R100 000-nood­ge­val kan op­los, sal 10% ’n per­soon­li­ke le­ning by die bank aan­gaan en 2% die e­kwi­teit uit hul huis­ver­band ge­bruik. Net 1% het ge­sê hul­le het so ’n nood­fonds.

Selfs as die nood­ge­val so min as R5 000, R10 000 of R50 000 kos, sal die mees­te men­se die een of an­der vorm van skuld aan­gaan. 5% van huis­hou­dings sal hul re­ke­nin­ge laat be­taal as ’n R1 000-nood­ge­val op­duik en 2% sal laat be­taal as ’n R5 000-nood­ge­val op­duik. Vir gro­ter kri­sis­se blyk dit nie meer ’n op­los­sing te wees nie.

Ri­an le Roux, Old Mu­tu­al In­ves­t­ment Group se hoof­e­ko­noom, sê SuidA­fri­ka­ners se lae spaar­koers voor­spel el­len­de vir baie se lang­ter­myn- fi­nan­si­ë­le wel­stand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.