Werk­ge­wers moet staal toon teen loon­ei­se, vra Ne­a­sa

Beeld - - Sakenuus - Vi­da Booy­sen

Werk­ge­wers in die staal­be­dryf sal hul staal moet toon teen bui­ten­spo­ri­ge loon­ei­se om ver­de­re werk­ver­lie­se te stuit.

So sê Ger­hard Pa­pen­fus, uit­voe­ren­de hoof van die Na­si­o­na­le Werk­ge­wers­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka (Ne­a­sa).

Hy skryf in ’n me­ning­stuk die k­lein- en mid­del­slagon­der­ne­mings (KMO’s) in die staal­be­dryf se ar­beids­kos­te be­loop tot so­veel as 60% van hul to­ta­le kos­te.

Die be­dryf het die af­ge­lo­pe jaar reeds 25 000 werk­ge­leent­he­de prys­ge­gee.

Loon­ei­se van tus­sen 10% en 15% is op die ta­fel ge­plaas vir loon­on­der­han­de­lin­ge in die me­taal- en in­ge­ni­eurs­ek­tor.

Pa­pen­fus pak die skuld vir die werk­ver­lie­se in die sek­tor deels op die Be­din­gings­raad vir die Me­taal- en In­ge­ni­eurs­be­dry­we, wat in Ju­nie deur die ar­beids­hof on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas is, en die be­dryfs­lig­gaam die SuidA­fri­kaan­se Fe­de­ra­sie van S­taal­en In­ge­ni­eurs­be­dry­we (Seif­sa), wat vol­gens hom die be­lan­ge van die groot staal­on­der­ne­mings ten kos­te van KMO’s be­vor­der.

“Seif­sa be­na­der loon­on­der­han­de­lings op die­self­de wy­se waar­op die swak en na­ïe­we Ne­vil­le C­ham­ber­lain met Hit­ler on­der­han­del het,” sê Pa­pen­fus, en wys daar­op dat die staal­be­dryf se lo­ne ge­mid­deld 50% ho­ër is as in e­ni­ge van die an­der sek­to­re in die sen­tra­le be­din­gings­pro­ses.

Daar­en­teen is die lo­ne vir be­gin­ners in die mo­tor­be­dryf 50% la­er as in die staal­be­dryf, al is die­self­de vak­bond, die me­taal­wer­kers­vak­bond Num­sa, die groot­ste in al­bei be­dry­we.

“Die ver­skil is die be­trok­ken­heid van Seif­sa wat in die staal­be­dryf toe­ge­gee het aan on­be­kos­tig­ba­re en on­vol­hou­ba­re oor­een- kom­ste.”

Die staal­be­dryf on­der­han­del tans oor ’n nu­we sen­tra­le oor­een­koms na­dat die twee vo­ri­ge oor­een­koms­te wat van 2011 tot 2014 en van 2014 tot 2017 ge­geld het deur die ar­beids­hof on­gel­dig ver­klaar is.

’n Be­din­gings­raad is die sen­tra­le punt vir on­der­han­de­ling tus­sen werk­ge­wers en vak­bon­de en Ne­a­sa het die laas­te ja­re bit­ter­lik te vel­de ge­trek teen die pro­ses, wat hy as ’n “be­drog­spul” af­maak.

“Die ui­ters be­voor­oor­deel­de rol wat die de­par­te­ment van ar­beid ge­speel het in sy oor­sig oor hier­die be­de­ling kan ook nie oor­be­klem­toon word nie,” skryf Pa­pen­fus.

Hy neem die de­par­te­ment kwa­lik om­dat hy die vo­ri­ge oor­een­koms­te aan­vaar het ter­wyl dit nie vol­hou­baar was nie en uit­ein­de­lik as on­wet­tig be­vind is.

Hy het ’n be­roep op die werk­ge­wers in die be­dryf ge­doen om hul “staal te toon” en ’n oor­een­koms te be­ding wat werk­ge­wers, ve­ral dié in die KMO-sek­tor, ’n bil­li­ke kans sal gee om “nie net te oor­leef nie maar te flo­reer en werk te skep”.

Fo­to: VI­DA BOOY­SEN

Loon­ei­se van tus­sen 10% en 15% is op die ta­fel ge­sit vir loon­on­der­han­de­lin­ge in die me­taal­ en in­ge­ni­eurs­ek­tor wat tans plaas­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.