S­tok­vis: Nu­we kwo­tas kry groen lig van hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad

Beeld - - Sakenuus - – Vi­da Booy­sen

’n Uit­spraak oor die stok­vis­kwo­ta eer­gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad baan die weg vir nu­we toe­tre­ders tot dié wins­ge­wen­de be­dryf.

Die kom­mer­si­ë­le vang van s­tok­vis met sleep­net­te is ver­le­de maand be­vries na­dat die vis­maat­skap­py Vi­king Ins­ho­re Fis­hing ’n in­ter­dik teen Sen­ze­ni Zokwa­na, die mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, ver­kry het. Zokwa­na het ’n nu­we toe­wy­sing aan­ge­kon­dig wat be­doel was om 12 nu­we be­mag­ti­gings­fir­mas tot die sek­tor toe te laat. In die pro­ses is Vi­king se kwo­ta met 60% ver­min­der.

’n Hand­vol groot maat­skap­pye be­ heer die hui­di­ge kwo­ta. Elk­een se toe­wy­sing be­loop ’n vas­te per­sen­ta­sie van die jaar­lik­se toe­laat­ba­re vangs­te, wat we­ten­skap­lik be­paal word.

Eer­gis­ter het die hof ten guns­te van die mi­nis­ter be­slis dat die nu­we reg­te vir 2017 moet geld.

“Die be­sluit ten guns­te van trans­for­ma­sie sal ’n hup­stoot aan vis­maat­skap­pye in die sek­tor vir swart e­ko­no­mie­se be­mag­ti­ging gee, hoe­wel Vi­king se­ker­lik ap­pèl sal aan­te­ken,” sê An­tho­ny Clark, ’n mark­ont­le­der in dié sek­tor.

Vi­king het in­tus­sen ge­sê hy neem ken­nis van die uit­spraak en sal met die de­par­te­ment aan­hou praat oor die vraag­stuk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.