Jof­fe se Long4Li­fe be­sig met nog ’n ko­pie

Beeld - - Sakenuus - Niel Jou­bert

Long4Li­fe is in vol­le vaart in sy soek­tog na be­leg­gings.

Dié be­leg­gings­maat­skap­py van die be­ken­de sa­ke­man B­ri­an Jof­fe het gis­ter op Sens ge­sê hy het ge­sprek­ke be­gin oor ’n moont­li­ke ver­kry­ging.

Hy het aan­deel­hou­ers ge­maan dat as die tran­sak­sie suk­ses­vol af­ge­han­del word, dit ’n we­sen­li­ke ef­fek op die maat­skap­py se aan­deel­prys kan hê.

Long4Li­fe het Maan­dag aan­ge­kon­dig dat hy Hold­sport, met on­der meer S­ports­mans Wa­re­hou­se en Out­door Wa­re­hou­se in sy stal, wil koop. Die ver­kry­ging van Hold­sport sal Long4Li­fe se eer­ste be­leg­ging wees.

Die maat­skap­py sê eg­ter die jong­ste ge­sprek­ke is nie ver­want aan die moont­li­ke ver­kry­ging van Hold­sport nie.

Jof­fe is die en­tre­pre­neur ag­ter Bid­vest en die uit­voe­ren­de hoof van Long4Li­fe, wat in Mei op die JSE ge­no­teer is.

Long4Li­fe gaan in on­der­ne­mings met ’n “leef­styl”-fo­kus soos skoon­heid-, bui­te­le­we- en sport­maat­skap­pye, as­ook af­tree­oor­de en re­stau­ran­te, be­lê.

Die on­der­ne­mings waar­in be­lê gaan word, sal ka­pi­taal en stra­te­gie­se in­set­te van Long4Li­fe kry, het hy met die no­te­ring ge­sê. Die on­der­ne­mings moet ’n sterk kon­tant­vloei hê, mark­lei­ers wees met ge­ves­tig­de po­si­sies in die mark, min ka­pi­taal be­no­dig en aan­trek­li­ke groei­ge­leent­he­de bied.

Ke­vin Hed­der­wick, wat Fa­mous Brands die laas­te ja­re as uit­voe­ren­de hoof ge­lei het, is in Mei as die be­dryfs­hoof van Long4Li­fe aan­ge­stel.

Long4Li­fe se aan­deel­hou­ers is ge­maan om die maat­skap­py se aan­de­le met om­sig­tig­heid te ver­han­del tot­dat ’n ver­de­re aan­kon­di­ging ge­doen word.

B­ri­an Jof­fe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.